Boek 8 - Tekens van die Tye
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

`N AANWYSING OP DIE EINDE. - NATUURGEBEURE
B.D.4094 -31 Julie 1947
Nog net `n kort tydspan moet nog verbygaan tot aan die einde van hierdie wêreld. En in hierdie kort tyd sal Ek alle middele aanwend om u daartoe te bring om u siel te omvorm. Ek laat My deur die mense hoor, nog voor die laaste oordeel verwag word. Dus sal u mense eers hierdie uiting van My moet tegemoet sien, voordat u rekening hou met die einde. Maar dit sal baie vinnig volg op die voorafgaande.
Steeds weer moet Ek dieselfde vir u aankondig, anders skenk u te weinig geloof aan My woorde; steeds weer moet Ek u daarop wys, omdat u mense tans te min geestelik ingestel is, dus ook woorde wat u van bo aangebied word nie veel anders beoordeel as uitsprake van mense nie, ja eerder met hierdie laasgenoemde instem en aandag daaraan skenk, as onderrigting waarvan die inhoud maar net u siel pas. Wat moet Ek dus doen om dit wat noodsaaklik vir u sieleheil is, nadruklik vir u voor oë te hou.
Wanneer My woord nie vermag om u oor te haal om `n begin te maak met die arbeid aan u siel nie, dan moet My stem harder klink, sodat u sal skrik en na My sal roep in u angs en in die nood wat u sal oorval in die aangesig van die einde. En op hierdie gebeurtenis, wat homself in die natuur afspeel, wys Ek vir u met alle aandrang, al verleen die gebeure tog net aan My woord die bevestiging van sy egtheid, wat meestal deur die mense in twyfel getrek word.
Maar voor dit wil Ek al inwerk op die harte van die mense wat ontvanklik sal wees vir My Liefde en barmhartigheid, wat My woord as teken van Liefde en barmhartigheid herken en dit daarom met vreugde en dank sal aanneem. Hulle sal `n tweevoudige seën behaal uit die laaste teken wat sal vermaan en waarsku. Hulle sal self uitermate versterk word in die geloof en daardeur ywerig en oortuigend opkom vir My woord en met sukses kan deelneem aan die verlossingswerk van Jesus. Want nou sal die oë van alle gelowiges gerig wees op die einde, wat hulle vol oortuiging verwag en daarom sal hulle ook vasstaan in watter stryd dan ookal teen My, My woord en My ryk.
Dit wil Ek bereik deur My herhaalde aankondigings voor die tyd: dat alle mense nog `n laaste teken van My Liefde en medelye toekom, ofskoon dit as sodanig maar selde herken word. Maar vir myne is dit begryplik dat en waarom Ek uit die hoogte tot die mense sal spreek en daarom reken hulle elke dag daarop dat Ek My Stem sal laat klink. Maar Ek het My onveranderlike plan en Ek sal spreek wanneer die tyd aangebreek het, wanneer u My die allerminste sal verwag, wanneer u dink dat Ek passief is, wanneer `n aardse nood skynbaar afgewend sal wees. Maar wat voorspel is in woord en geskrif, sal vervul word. Ek laat `n natuurgebeurtenis van ongehoorde grootte en uitgebreidheid homself afspeel, wat ontelbare menselewens sal kos.
En tog is dit slegs `n klein voorteken van die verwoesting op die laaste dag; Ek laat My nou nie sigbaar uit nie, terwyl Ek kort voor die einde Self sal kom om myne gelukkig te maak en om hulle na My toe te roep in My ryk. Wie egter die natuurkatastrofe wat eers daar was, oorleef het, sal `n oortuigende geloof verwerf, as hy, wat dit aanbetref, erns het. En dit is My bedoeling, dat `n diep gelowige mens nou teenoor sy medemense alles sal uitdra en verdedig wat op die laaste einde betrekking het. Want dit sal nie lank op homself laat wag nie.
Wanneer My stem van bo gehoor sal word, gaan u die einde met rasse skrede tegemoet. Vir baie sal die laaste lewensuur weliswaar al geslaan het, met die uitbreek van die voorafgenoemde natuurkatastrofe, wat ontelbare menselewens sal eis, maar terwille van die oorlewendes kondig Ek dit aan, want hulle sal hiermee voordeel kry vir hulle siele, hulle sal leer om te glo en My as hulle Skepper en Behoeder, as Vader en goddelike Vriend leer ken, hulle sal uit eie aandrang na My roep en as hulle My duidelike hulp ondervind het, na My toe kom. Hulle sal, nadat hulle My herken het, probeer om My met `n liefdevolle hart vir hulleself te wen en My Wil tot hulle eie maak, hulle sal My, nadat hulle My gevind het, nie meer opgee nie, inteendeel aan My getrou bly tot aan die einde toe.
En daarom laat Ek toe dat die aarde gedeeltelik getref word deur `n uitermate groot storm van verwoesting, sodat die denke van hulle wat oorleef, verander sal word en dat hulle hulleself sal rig op My, wat na My skepsele verlang wat nog ver van My af staan en tog My Liefde besit, omdat hulle eenmaal van My uitgegaan het en weer na My toe moet terugkeer. Want My Liefde verminder nie, My Liefde hou nooit op nie, ewig geld Sy vir die wat deur My geskape is, selfs wanneer hulle nog nie die weg na My gevind het nie. Dan wys Ek hulle steeds weer die weg en bied My Self aan as Leier aan diegene wat hulleself aan My hoede toevertrou en My wil volg, sodat hulle eenmaal hulle doel bereik, sodat hulle ewig met My verenig kan wees, soos wat dit in die allereerste begin hulle roeping was.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205