|
Boek 8 - Tekens van die Tye BERTHA DUDDE
Hoofstuk 15
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22. |
|
|
DIE GESLAGSDAAD, WAT SAAMGAAN MET DIT WAT VAN GOD VERWYDER IS, GEE AANLEIDING TOT ONGELOOF B.D.7010 - 4 Januarie 1958 Elke denkende mens sou tot die insig moet kom dat `n, in verhouding kort tydsdurende aardse bestaan, sinneloos en doelloos is, wanneer die "ek" van die mens maar net hierdie kort tydjie bestaan, wanneer hy op die oomblik van sy geboorte sou begin het en op die uur van sy dood geëindig het. Hy sou, wanneer hy `n Skepper aanvaar, hierdie denke as baie kleingeestig moet beskou, - naamlik `n Skepper wat maar net terwille van `n gier, wesens laat ontstaan, terwille van onbeduidende aardse sorge en vreugdes. Of hy moet, wanneer hy homself slegs as `n willekeurige ontstaande produk van die natuur beskou - homself afvra waarom sy verstand en vrye wil sy eie is. Want sulke gedagtes sou vir hom twyfelagtig voorkom dat hy slegs so `n willekeurige produk van die natuur kan wees. Deur die verstand en die vrye wil onderskei die mens homself van alle ander skeppings wat die natuur uitmaak. Derhalwe sou hy tot die afleiding kon kom dat daar `n skeppende Gees bestaan, wat ook verstand en vrye wil - dus Wysheid en Krag - besit. En as hy by hierdie gedagte uitgekom het, dan sou hy ook die sin en die doel van sy bestaan op aarde probeer deurdring het en homself nie maar net tevrede stel om aan te neem dat hy maar terwille van die aardse lewe self geskape is nie. Elke mens sou deur eenvoudige nadenke by hierdie resultaat kan uitkom, as hy nie reeds die insig verkry het en `n geloof in `n God van Liefde, Wysheid en Almag, waaruit hy self voorgekom het, gehad het nie. Tog word baie mense verwek, gepaardgaande met `n uiterste verwydering van God, - wat aan hulle lig sou wou skenk -, deur mense waarin geen vonkie van liefde in hulleself ontsteek is nie, maar wat nog heeltemal in die mag van die teenstander van God is en wat nou hulle vyandige gesindheid ook in die kind inplant, wat teen wil en dank deur hulle in die wêreld ingebring is en wie se siel deur die digste omhulsel omgeef is, en wat sonder lig en liefde grootword. Weliswaar hoef die wese van `n kind nie altyd met die van die ouers ooreen te stem nie, daar kan ook `n siel beliggaam word wat bewustelik die stryd teen die gevare van hierdie wêreld opneem - maar meestal word die gesindheid van die ouers op hulle kinders oorgedra en dan kom daar mense in die wêreld in wat hulleself maar net as willekeurige ontstane produkte van die natuur beskou en geen enkele band het met Hom wat ook eers Sy toestemming vir sy ontstaan gegee het, omdat die wil van die ouers ook vry is en hulle natuurlike geaardheid die grondslag is vir die geboorte van kinders. Maar ook by die kinders ontbreek dit nie aan denkvermoë en die vrye wil nie - sodat daar ook vir hierdie mense `n weg is om uit die donker en in die lig te kom. En ook hierdie mense het van God uit die liefdesvonkie in hulleself, en dit is vir hulle ook moontlik om dit te laat ontbrand. En ook na hulle toe stroom goddelike barmhartigheid heen. Maar hierdie mense vertoef waarlik in die diepste duisternis, wat die doel van hulle lewe slegs in die aardse lewe self sien, wat self meen dat alles verby is op die oomblik van die dood en geen mag bo homself wil herken en aanvaar nie, want hulle gebruik ook nie die gawe van hulle verstand nie, hulle dink nie eenmaal na om vanuit `n ernstige wil die waarheid te deurdring nie, anders sou hulle onherroeplik tot andere insigte gekom het. En so is dit ook daaruit af te lei dat die geslagsdaad `n wapen van die teenstander is, wat die oorwinning gereeld vir hom oplewer in die stryd om die siele van die mense, want hy dryf die mense aan tot onbeperkte sinsgenot, waarin hulle geen weerstand ondervind nie. Ongeremd gee die mense hulleself aan mekaar, ewenwel nie in liefde nie, maar slegs vanuit `n sinlike roes, wat selde iets anders as die verwekking van duistere siele moontlik maak en hierdie duisternis meestal daarin tot uitdrukking kom, deurdat elke basis om te glo, ontbreek, - wat die bedoeling van die teenstander is. Maar hoogmoed kan ook `n siel, waarin die grondslae tot insig al aanwesig was, verduister, wanneer die verstand homself in verwaandheid as bekwaam beskou om ook die grootste geheime te deurdring. Dan het die teenstander ook sy doel bereik om die mens ongelowig te maak en sy denke in die war te bring . AMEN
|
|
|
|
|