Boek 8 - Tekens van die Tye
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

VERONTREINIGING VAN LUG - WATER - VOEDSEL
B.D.6855 - 21 en 23 Junie 1957
Elke mens moet dieselfde van u kan verwag as wat u van hom verwag, U moet elkeen regverdig behandel, soos wat u ook dieselfde van hom sal verlang. U sal nie met verskillende mate meet nie en om selfs te dink dat u groter regte het as u medemens nie, wanneer dit daarom gaan dat u wins maak van dit wat gratis van My aan u geskenk is, wat u nie self vir u verwerf het nie, maar wat alle mense ook netso tot beskikking staan, waaronder geestelike en aardse goedere te verstaan is wat My Liefde en My skeppende Wil altyd vir u bereid hou.
Daarby behoort dus alle gawes wat u uit My hand ontvang, wat u nie vir uself sou kon maak nie, wat daar sonder u toedoen is en wat dus tot u bestaan bydra, wat dus vir u natuurlike lewe vereis word en wat aan geen mens onttrek mag word nie, wanneer sy lewe daardeur in gevaar gebring sal word. Dit is die stoflike ten behoewe van die lewe, waarop elke mens aanspraak moet kan maak, wat hom van die kant van die medemense ook nie onttrek mag word nie, anders sal dit `n oortreding van My ewige ordening wees en verrykende gevolge hê, wat nie alleen gevoel sal word deur die skuldige mense nie, maar ook wat die skepping aanbetref en bygevolg ook tot die ontbinding daarvan kan ly.
U kan dit begryp wanneer u maar daaroor sal nadink watter bestanddele u vir die lewe nodig het en vir u die verskeidenheid hiervan ernstig bedink, wanneer u lug en water en hulle hoedanigheid en werking vir uself vasstel, wat aan die mens algehele gesondheid skenk, maar ook tot sieklikheid en verwoesting van die organe van die liggaam kan lei, indien daar deur menslike wil `n besmetting van die lug en die water plaasvind, wat ernstige skade (onder andere aan die gesondheid) met hulle saambring.
Lug en water is gawes van God, wat elke mens nodig het en ontvang dit daarom ook uit My Hand. En die emansipasie van die mense kom al net daarin tot uitdrukking, dat hulle nie daarvoor terugdeins nie om hierdie buitengewoon vername stowwe ten behoewe van die lewe, op so `n wyse te verontreinig, dat daar vir die medemens lewensdreigende beskadiging voortvloei. En so, soos wat elke mens sy eie lewe liefhet, besondig hy homself, wanneer hy sy medemens die noodsaaklikste lewensbehoeftes inperk, wanneer hy daartoe bydra dat die lewe van sy medemens in gevaar gebring word. En onder "die in gevaar bring van die lewe" is ook te verstaan, wanneer dit wat die aarde voorbring aan voeding vir mens en dier, van sy natuurlike hoedanigheid beroof word, wanneer die bodem, waarop dit moet gedy, deur kunsmatige middele `n andere gesteldheid kry en die gekweekte produkte nou ook stowwe daarin bevat wat volstrek nie bevorderlik is vir die menslike liggaam nie.
Die mense gryp in die natuurwette in, hulle wil dit as te ware verbeter, My skepping dus as gebrekkig voorstel, hulle wil `n hoër opbrengskapasiteit aan die bodem verskaf en hulle gebruik verkeerde middele daartoe. Want hulle kon My maar net vir My seën te gevra het om waarlik ook oorvloedige oeste te mag in.
`n Verder sonde op hierdie gebied is ook wanneer die vrugte geoes word voordat hulle ryp is - wanneer die natuurlike rypingsproses deur hebsug en materialistiese denke vooruitgeloop word en wanneer die menslike liggaam daardeur gedwing word om die stryd aan te knoop met substansies wat nog nie ryp geword het nie, wat nie alleen maar `n suiwer liggaamlike nie -, maar ook `n geestelike aangeleentheid is, wat meestal nie aan u mense bekend is nie.
Dit val egter alles onder die verontagsaming van die wet van My ewige ordening. Die mens berokken sy medemens skade, hy handel nie regmatig teenoor hom nie en dra daartoe by dat die chaos op aarde steeds groter word, omdat net `n lewe op aarde wat volledig in ooreenstemming met die wet van die ordening geleef word, `n korrekte uitwerking kan hê op liggaam en siel. En elke mens het `n reg daarop dat die orde in die natuur in stand gehou bly, want Ek het alles wat daar in die skepping bestaan nie vir èèn mens nie, maar vir alle mense geskape; elke mens het suiwer lug, suiwer water en `n goeie voeding vir sy liggaamlik lewe nodig en geen mens het die reg om sy medemens skade toe te bring nie, wat hy vir homself ook nie sal wens nie.
In die laaste tyd voor die einde word sal daar egter glad geen rekening mee gehou word met die lewe van die medemens nie, daar sal op allerlei maniere gewetenloos geëksperimenteer word - en steeds maar net uit eersug, hebsug of magsbegeerte; en `n gesonde lewe sal in gevaar gebring word. En dus triomfeer hy, wat al die geskapene sou wil verwoes om weer die gekluisterde daarin vry te kry, in die valse veronderstelling dat dit dan weer aan hom behoort. Die mense wat in stryd handel met die goddelike ordening het hulleself slegs in sy mag begeef, - hulle volg sy influisteringe, en My gebooie, wat liefde en regverdigheid vereis, ag hulle nie.
Elke mens sal maar net aan homself en aan sy eie voordeel dink en die lot van die medemens sal hom koud laat. En ook sal die lewe van sy medemens nie meer vir hom heilig wees nie, aangesien daar, in die teenoorgestelde geval, dit nie sou kon gebeur wat egter met sekerheid te verwagte is nie; naamlik dat die lewe van alle mense op die spel geplaas word, omdat die goddelike natuurwette omver gewerp word - omdat die elemente eendag met alle geweld `n weg vir hulle na buite sal baan, waartoe die mense self aanleiding gegee het, wat gesondig het teen die goddelike ordening, teen My gebod van die liefde tot God en die naaste.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205