Boek 8 - Tekens van die Tye
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

`N AANDUIDING OP DIE EINDE
B.D.6487 - 28 Februarie 1952
Binnekort loop `n tydperk ten einde en begin daar `n nuwe een. U, mense sal dan hierdie woorde kan glo, want daarom praat Ek nou met u, dat u u lewe nou ook so sal lei, dat u die einde nie hoef te vrees nie. Ek het geen ander doel meer vir u lewe nie. Ek wil u nie sonder rede verontrus nie, Ek wil u nie in verwarring bring, weens dit wat voor u lê nie, Ek wil slegs hê dat u so sal leef soos wat dit My Wil is, dan sal die einde van hierdie tyd maar net gunstig vir u wees, dan sal u uself nie bevrees hoef te maak nie, maar veeleer met vreugde `n geseënde tyd tegemoet gaan.
Ek hoef u nie hiervan in kennis te gestel het nie, want niemand van u weet wanneer sy laaste dag gekom het nie, en dit sou dus vir baie totaal onnodige kennis wees, naamlik dat daar `n verlossingsperiode is wat ten einde loop. Tog kan dit vir elke mens nog `n aansporing wees om ernstig aan sy siel te dink - hy kan hom aanspoor, homself ernstig onder hande neem, wanneer hy herinner word aan die verganklikheid van aardse goedere en nou daarna streef om geestelike goedere te verwerf. Maar hy is nie gedwing om te glo nie.
Tog roep Ek u mense steeds dringender toe: Glo hierdie woorde en doen alles waartoe u in staat is en dit sal u maar net tot seën strek. Want almal van u bevind u nie in `n goeie sielsgesteldheid nie, u sal almal nog aan uself moet werk en het nie meer veel meer tyd daarvoor nie. Moenie verras word nie, maar maak u met die gedagte vertroud om nog maar `n kort tyd gas te wees op hierdie aarde. Hierdie gedagte sal u bewuster laat lewe en u sal u tot My wend om hulp, wanneer u in My sal glo as u God Skepper.
Dink dan aan u lewe tot nou toe en vra uself af of u lewenswandel korrek was voor My oë. Want u ken My gebooie en u almal weet dat die liefde die eerste en vernaamste is, dat u sonder liefde nooit tot geluksaligheid sal kan kom nie en wanneer u aan uself sal moet beken of u lou en onverskillig was teenoor die gebod van die liefde, haal dit dan in. Want daar word vir u baie geleenthede gegee om te werk in die liefde. Oral om u sal u nood sien en u sal helpend kan ingryp, u moet maar slegs die wil hê om goed en regverdig te lewe en ag te slaan op die gebooie van die liefde, wat Ek u alleen terwille van u sieleheil gegee het.
En dink steeds aan u Verlosser Jesus Christus. Roep Hom aan, dat Hy u gedagtes mag lei, sodat u sal ag gee om die goddelike Wil uit te voer. Dan roep u My Self aan en laat My blyk dat u by My wil regkom en dan gaan u ook die regte weg, die weg wat Jesus Christus u voorgegaan het.
Die einde kom onherroeplik en dit het niks te make met hoe dit dan met u siel gesteld is nie. Maar u het nog steeds tyd om uself voor te berei en daarom kom die waarskuwende Stem steeds weer van bo na u toe: Dink aan die einde. Dit is maar net My Liefde wat u wil red van die verderf, maar Sy sal u nooit dwing nie en u daarom aanspreek in `n vorm wat u kan glo as u gewillig is. As u egter goed sou oplet, sal u veel opmerk wat u sou kan laat glo.
`n Periode loop ten einde en `n nuwe een begin. En dit gaan maar net in vervulling, wat voortdurend voorspel was deur sieners en profete. Want ook hulle het in My opdrag gespreek en dieselfde aangekondig wat Ek nou vir u mense sê, maar u wil is vry; soos wat u wil egter is, so sal ook u lot wees wanneer u aardse lewe verby is. U sal in geluksaligheid kan lewe; maar ook ten prooi val aan die dood, `n eindelose lange tyd van kwelling en duisternis, waaruit u uself nie sal kan bevry nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205