Genesing deur Sonlig
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

Die sesde metode van deurdrenking met die strale van die son

8 Nou sal ons die voorbereiding van `n ander geneesmiddel bespreek, wat net so effektief is:

Neem bokmelk sonder vet en gooi dit in `n donkerpers glasbak, dieselfde soos beskryf vir die voorbereiding van die sulfaatkristalle. As `n bak nie beskikbaar is nie, dan sal `n donkerpers glasvenster van omtrent 300mm vierkant ook doen.

Die bokmelk word dan druppel vir druppel in die glasbak of op die glasvenster gegooi en dan blootgestel aan die son. Die druppel sal in `n kort tydjie droog word.

As die druppels eenmaal droog is, herhaal die prosedure totdat `n redelike dik korsie gevorm het.

As dit droog is, verwyder die korsie, verpoeier dit versigtig deur dit te maal en stoor die poeier in `n glashouer in `n droë plek en beskerm dit teen die effekte van die lug.

Terselfdertyd, verkry `n glashouer met `n bolvormige deksel wat goed seël, en vul dit halfpad met suiwer kanfer skaafsels. Seël die houer en stel dit bloot aan die son. Wanneer die kanfer op hierdie manier aan die son blootgestel word, sal dit dag vir dag verminder, en sal as `n witterige presipitaat akkumuleer aan die bolvormige deksel.

Wanneer die deksel nie-deurlaatbaar word as gevolg van die presipitasie van die kanfer, neem die deksel en vul dit met die voorbereide melkpoeier en roer dit in die deksel in totdat die melkpoeier al die kanfer presipitaat geabsorbeer het.

Hierdie poeier moet in `n bottel geberg word wat geskik is vir hierdie soort geneesmiddels. Dit is die hoof geneesmiddel vir alle interne sowel as eksterne kwale veroorsaak deur bloedvat verstopping of “hyperaemia” en wat swellings, gewasse, inflammasies en pitswere veroorsaak op enige deel van die liggaam.

Hierdie is `n uitstekende geneesmiddel vir die plaag en pes, dit is ook `n uitstekende geneesmiddel vir cholera en vir siektes van die longe. Erge ekseem van die vel, sowel as “erysipelas” (wondroos) en die welbekende skarlakenkoors, kan genees word met hierdie geneesmiddel.

Hierdie middel kan beide uitwendig sowel as inwendig gebruik word. Inwendig: neem 70mg tot 220 mg van hierdie middel. Ekstern as jy enige swelsels of gewasse aan jou ledemate soos jou hande of voete het, neem `n skoon linne lap, stel dit bloot aan die son en vryf bietjie van die poeier daarin en wend dit droog aan op die swelsel of gewas en die totale swelsel sal binnekort verdwyn. Hou altyd in gedagte dat die dosis wat geneem moet word, altyd in ooreenstemming met die persoon se gestel moet wees, enigiets vanaf 70mg tot 220 mg. Hierdie poeier het ook `n ander bykomstigheid: dit kan iemand wat naby aan die dood is, nuwe lewe inblaas, ten tye wat dit nie teen My wil is om so `n persoon se gesondheid volkome te herstel nie.

Dit maak nie saak watter tipe kwaal die oorsaak was wat hom tot by die punt van dood gebring het nie, selfs as dit as gevolg is van die gebruik van vroeëre ongeskikte growwe teëwerkende genesende middels. In die volgende hoofstuk sal ons nog `n ander wondermiddel bespreek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205