Genesing deur Sonlig
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

Die vierde metode van deurdrenking met die strale van die son

6 Neem `n pot gemaak van serpentynsteen met `n inhoud van 750 ml. Jy sal ook `n stamper benodig om te roer, gemaak van dieselfde steen. Probeer om van `n slagter 350 tot 500 ml gesonde lamsbloed te kry; as dit nie beskikbaar is nie, gebruik die bloed van `n gesonde kalf. Gooi die bloed in die bogenoemde pot. As die pot te klein is, gebruik twee potte gemaak van serpentynklip en verdeel die bloed gelykop. Roer dan die bloed solank dit blootgestel is aan die son. Snags moet die bloed geberg word in `n droë plek en op so `n manier dat dit beskerm is van die effekte van die lug.

Die blootstelling aan die son sowel as die roer van die bloed terwyl blootgestel aan die son moet volgehou word totdat die bloed volkome droog is. Wanneer dit volkome droog is, verpoeier dit in dieselfde houer en met dieselfde stamper.

As jy op hierdie manier `n rooierige poeier verkry het, stoor dit in `n donkerpers glashouer of beker.

Die dosis wat toegedien moet word is dieselfde soos die eerste twee metodes en sy effek is universeel. Maar dit help diegene die beste wat aangetas is met enige tipe longsiekte, sowel as diegene wat ly onder periodieke bloeding van enige soort.

As, na `n sekere blootstelling aan die son, die bloed `n snaakse reuk afgee wat afstootlik is vir jou reukorgaan, moet nie bekommerd wees nie, want hierdie reuk is heeltemal skadeloos en sodra die bloed droog is, sal dit wegraak en verander in `n aangename reuk.

Moet nie ander tipes bloed gebruik as wat hierin gestipuleer word nie, jy kan dit nie vervang met die bloed van `n bees of `n skaap nie. Want sodra hierdie diere hulleself begin te voed met gras, word die sielspesifikums in die bloed growwer en meer onsuiwer en die sielspesifikums in die bloed sal slegs opneem van die sonstrale wat homogeen vir hulle is.

Dit is waarom die bloed van hierdie twee dierespesies (lam en kalf) slegs gebruik kan word vir hierdie spesifieke doel solank hierdie diere volkome gesond is en op voorwaarde dat hulle slegs op die melk van hulle moeders grootgeword het.

Hierdie geneesmiddel, as dit behoorlik gestoor word, sal effektief bly vir een jaar, waarna dit van sy effektiwiteit sal verloor. Maar dit kan effens verbeter word deur dit weer vir `n tyd aan die son bloot te stel.  Dit is egter beter om `n nuwe geneesmiddel voor te berei.

Dit handel die hoofstuk af oor die vierde tipe songeneesmiddel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205