Genesing deur Sonlig
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

Son geneesmiddels vir die plaag en vir geelkoors

12 Jy ken seker die wortel van die egte Asiatiese rhubarb (Rha Sceniticuni) sedert kinderdae. In hierdie rhubarb wortel lê `n uitsonderlike genesende krag, selfs wanneer rou geëet, of in `n poeier of in klein stukke wat goed gekou moet word. Maar hierdie genesingskrag is selfs groter wanneer die wortel as volg voorberei word.

Neem verskeie onse van die wortel en stamp dit fyn (pulverize) maar nie te fyn nie. Stel die poeier bloot aan die sonstrale in `n geskikte glashouer op die manier wat vooraf beskryf is. Snags moet hierdie houer toegedraai word in `n skoon swart lamsvel, (hierdie lamsvel mag nie in `n winkel gekoop wees nie), terwyl die wollerige gedeelte van die lamsvel ook gedurende die dag blootgestel moet word aan die sonstrale

Die wol moet nie in kontak kom met die poeier wanneer die glas verwyder word nie. Dit sal die beste wees om `n stuk lamsvel so groot soos die opening van die glashouer te sny en om die gladde leerkant vas te gom op `n houtbord met geskikte grootte. As die wol te lank is, sny dit tot die korrekte lengte en maak die wol skoon met `n borsel.

Wanneer die sonstrale sterk genoeg is, sal `n blootstelling van 8 tot 10 dae voldoende wees, maar as die son swakker is, dan kan die tydsduur van blootstelling verhoog of selfs verdubbel word.

Gedurende dae wat die noordewind waai, kan die poeier slegs blootgestel word aan die lug, selfs as die son nie skyn as gevolg van bewolkte weer nie. In hierdie geval is die noordelike windvloei net so waardevol as die sonstrale.

Wanneer die rhubarb poeier behoorlik voorberei is, moet dit gestoor word op dieselfde manier as al die ander songenesingsmiddels. Dit word ook aanbeveel dat die glashouer toegedraai word in swart lamsvel, waarin dit snags gebêre moet word as dit nie aan die son blootgestel is nie.

Hierdie is nog `n groot son geneesmiddel wat amper elke kwaal genees, met voorbehoude dat die kwaal nie sy finale stadia bereik het nie. Die dosis is 510 mg tot 730 mg van die rhubarb poeier geneem in die oggend en in die aand.

As daar `n uitbreek van swart plaag of geelkoors is, is die dosis 8,75 gram in die oggend en aand, en vinnige en volkome genesing van die siekte kan verwag word, mits die rhubarb poeier in die vroeëre stadia ingegee word. Maar as die siekte alreeds die later stadium bereik het – en dit gebeur baie dikwels, want hierdie siektes versprei baie vinnig – sal hierdie geneesmiddel baie min effek hê.

As hierdie kwaal alreeds die later stadia bereik het, is daar `n wortel wat in Asië in die hoër berge groei wat baie effektief kan wees. Hierdie wortel groei ook in die laerliggende dele, waar dit geel van kleur is, maar is nie so kragtig soos die wit wortel wat hoër op groei nie. Die wortel word genoem die ginseng (Jaisung).

Hierdie ginseng wortel moet voorberei word op dieselfde manier as die rhubarb poeier, maar in die aanvanklike stadium van hierdie kwale moet die dosis wat egter toegedien word, vyf maal minder wees (102 milligram tot 150 milligram) as met die rhubarb poeier.

In proporsionel groter hoeveelhede, moet die ginseng toegedien word as een vyfde dosis (1, 7 gram) van die rhubarb geneesmiddel, soggens en saans. As ginseng op hierdie manier voorberei word, sal dit selfs die derde stadia van die swart plaag en geelkoors genees, soos geen ander geneesmiddel nie. In gevalle van swart plaag is dit belangrik dat gekneusde fenugreek sade (Trigonella foenumgraecum) en jenewer bessies gebrand word soos wierook gedurende die loop van die dag in die kamer van die geaffekteerde persoon. As hierdie siekte epidemiese stadium bereik het, of wanneer dit baie algemeen is, sal dit baie effektief wees om een of twee bokramme in die kamer van die siek persoon te hê.

As aan al hierdie instruksies voldoen word, selfs al is die swart plaag so algemeen as moontlik in daardie spesifieke gebied, sal dit van die huis af weggehou word deur hierdie maatreëls. En as die fenugreek en die jenewer bessies soos wierook gebrand sal word dwarsdeur die hele gebied, sal die plaag in geheel die plek verlaat binne `n bestek van drie dae.

As die swart plaag baie erg is, moet `n bietjie van die rhubarb poeier bygevoeg word by die fenugreek en jenewer bessies en moet dit gebrand word soos wierook.

Hierdie twee geneesmiddels is gegee vir die twee mees dodelike booshede op aarde.

Rhubarb poeier sowel as ginseng poeier is die geneesmiddels wat voorkeur het vir die gee van nuwe krag in die ernstige verswakte en volkome dooie senuwees en alle siektes of booshede wat ontstaan vanuit `n sekere epidemie of pes.

Hier in Graz (Oostenryk) sal julle moontlik baie probleme hê om die ware ginseng te bekom, maar in Trieste, London, Parys en Hamburg kan jy dit bekom, alhoewel die koste van ginseng ver bo die vuurmaakplek van meeste mense is.

Amerikaanse ginseng wortel, wat vyf maal swakker is as die Asiatiese, sal dieselfde effek hê as dit in rojale dosisse geneem word. In Amerika groei die ginseng wortel in die suidelike en noordelike dele. Die suidelike een is by verre beter en meer effektief as die noordelike tipe.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205