Genesing deur Sonlig
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

Die geestelike dieet

15 Wat is `n geestelike dieet? Onthou jouself van irritasies of om jouself te vererg, ongeag die redes daarvoor. As dit nie ten strengste nagekom word nie, kan jy geen verbetering verwag nie. Ek sal nie hier op al die verskillende redes wat irritasies veroorsaak, ingaan nie. Dit behoort voldoende te wees as ek sê dat dit algeheel vermy moet word, andersins kan jy van gesondheid vergeet.

Hoe kan hierdie irritasies maklik vermy word? Kyk na My in volgehoue en ware respek, in volkome geloof en liefde, maar moet nie na die wêreld of moontlik na sekere familielede vir addisionele hulp kyk nie.

Wend `n poging aan om die ure wat jy rus en ontspan aan My toe te wy terwyl jy vreedsaam en in die privaatheid van jou hart is. Dan sal jy baie vroeg tot die besef kom hoe uitermatig goed en vol liefde Ek, jou Vader is.

As mense mekaar vergewe, dan sal Ek hulle alles vergewe.

Wees nederig met jou hele hart, het Elohim bo alles lief met al jou lewenskrag, en voldoen aan Elohim se wil deurdat jy jou broers en susters liefhet en respekteer ander eerder as jouself. As jy dit doen, is jy `n kind van Elohim.

Die Meester: Wie ookal My woord in totaliteit aanneem en sonder afwyking daarvolgens handel en lewe, neem ook vir My aan met al My Liefde, Wysheid, Mag en Krag, en kan daardeur `n ware kind van Elohim word. Van so `n mens, sal die Vader in die hemele niks weerhou wat Hy het nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205