Genesing deur Sonlig
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

`n Geneesmiddel vir haargroei

(van die notas van Anselm Hiittenbrenner)

14 Op September 21 1840, het Jakob Lorber die Meester gevra vir `n geneesmiddel vir haargroei op versoek van Anselm Hiittenbrenner.

Die haargroeimiddel:

Die suiwerste reuklose:

Sonneblomolie                                                560 ml

Vloeibare gansvet                                           70 gram

Perdevet (verkieslik van die maanhaargedeelte)    70 gram

Vloeibare storaks (styrax)                               17 ml

Storaks [sto´raks. Soort harpuis van die plant Liquidamber orientalis wat ’n velkiemdoder is, of wat in parfuum gebruik word; storaksboom. H A T]

Eierolie                                                            8,6 ml

[Eier olie: eierolie word gemaak van hardgekookte eiergele. Die hardgekookte eiergele word gerooster in `n pan oor matige hitte totdat die vogtigheid verdwyn het, dan word die hitte verhoog en gedurig geroer totdat die gebakte eiergele rooierig word. Wanneer die eiers `n olie produseer, druk die olie met `n lepel uit die eiergele uit en skei die olie van die eiergele af. (somtyds is tot 25 eiergele nodig om genoeg olie te verkry. Engelse Vertaler.]

Neroli olie (lemoenbloeiselolie)                          8,6 ml

Suiwer tiemie olie                                            17,44 ml

Suiwer Peruvian balsem                                 4.5 gram

[A Peruvian evergreen tree (Schinus molle) of the cashew family grown as a shade tree in mild regions.]

Suiwer roosolie                                               1.1 ml

Kakao botter                                                    17.3 gram

Hierdie 10 bestanddele moet goed gemeng word in `n bottel en aangewend word aan die kopvel vir `n minimum van drie maande elke oggend en elke aand. Jy moet die kopvel was wanneer dit nodig raak, maar net met louwarm water, droog die vel en die hare goed voordat jy hierdie oliebehandeling weer aanwend. Dan sal die hare weer groei. Jy moet egter jouself onthou van “rebus carnis”- van alle dinge van die vlees, vleeslike begeertes sowel as die eet van vleis, vir `n minimum van drie maande. En vergeet nie die volgende nie, dat sonder geloof sal jy nie die verwagte resultate bereik nie. “Spero in te, Domine, in omnibus rebus, quoniam tu solus sanctus, amore plenus, peramabalis, peradjuvabilis et om-nipotens es”, [In alle dinge, plaas ek my vertroue in U o Meester! Want U alleen is apart en vol liefde, beminningswaardig, hulpvaardig en alomteenwoordig. Laat dit so wees, sê die Meester.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205