Genesing deur Sonlig
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

Die derde metode van deurdrenking met die strale van die son

5 `n Sout wat geen minerale dele bevat nie, veral arseen, word benodig vir die derde metode. Die beste sout vir hierdie metode is `n suiwer swaelsout of `n suiwer seesout. Die seesout moet verhit word tot hoë temperatuur totdat sigbare dampe nie meer van die sout af opstyg nie, dan moet dit opgemaal word tot `n fyn poeier.

Die sout moet blootgestel word aan die son vir twee tot drie omwentelings van die maan (56 tot 84 dae), op dieselfde manier as wat die laktose pille of die steensuiker, in donker houers; weereens is donkerpers houers die beste.

Wanneer die sout blootgestel word aan die son, moet dit verskeie kere gedurende die dag geroer word met `n glasstafie; hierdie stafie kan en mag vir niks anders gebruik word nie maar slegs vir hierdie spesifieke doel. Die blootgestelde sout moet geroer word, want die hoeveelheid in die koppie kan tot hoogstens 5mm dik lê. Daarom, ten einde die soutdeeltjies wat onder lê aan die son bloot te stel, moet dit geroer word. Maar wanneer die sout geroer word, moet sorg gedra word dat daar nie te veel groewe en klein hopies voorkom nie; alhoewel dit sal gebeur en is onvermydelik, moet dit uitgestryk word, sodat die oppervlak van die verpoeierde sout volkome glad is en dat die sonstrale orals dieselfde effek sal hê.

Nadat die sout voldoende deurdrenk is deur die son se strale vir die aangewese tydperk, moet dit gestoor word in donker en droë houers wat lugdig seël om te verhoed dat enige atmosferiese lug die houers kan binnedring. Die houers moet in die droogste deel van die huis gestoor word of in `n droë houtkas waar geen lig kan inkom nie.

Wanneer die sout aan `n persoon toegedien word, moet `n lepel van die fynste goud of silwer gebruik word vir hierdie bepaalde doel.  Die lepel hoef niks groter te wees as om die hoeveelheid die grootte van een lentil te bevat nie.  Hierdie dosis is voldoende vir `n volwassene. Vir kinders onder 14 jaar moet die dosis die helfte daarvan wees, waar kinders onder 6 jaar ouderdom slegs `n dosis benodig van slegs een kwart van die volwassene se dosis. Die effek van die sout, veral die swaelsout, is merkwaardig sterk en dit `n spesiale effek op die beenstruktuur sowel as op die tande en hare. Dit is daarom `n uitstekende geneesmiddel vir beenfrakture. Wanneer iemand `n beenfraktuur het en dit is korrek geset op die normale manier en word gestut deur `n spalk, sal die fraktuur gesond word binne `n paar dae nadat die sout ingeneem is.

As die fraktuur ernstig is en die vleis en die spiere is ook beseer, dan moet eksterne lappe met sonwater aangewend word of die welbekende groen arnika salf kan aangewend word ten einde te help om die vleis te genees. Maar voeg te alle tye 2 mates sout by die sonwater of by die arnika salf.

Intern is die grootste dosis wat toegedien kan word, hoogstens een-en-`n-half dosis, en net aan die met die sterkste gestel; en dit kan slegs eenmalig toegedien word en onder geen omstandighede meermale nie. Want as die sout gereeld ingeneem sal word, dan sal dit instede van om te genees, die dood binne `n kort tydjie veroorsaak. Dit affekteer veral die been organisme; daarom sal dit die groei van die beenstruktuur in so `n buitengewone manier aanhelp dat `n mens binne `n baie kort tydjie in al sy dele sal verhard (verbeen). Maar as die sout behoorlik toegedien word, gee dit die liggaam die korrekte spanning, en binnekort sal dit `n algehele verandering in die liggaam teweegbring, sodat daar binne een jaar nie `n greintjie van die voormalige liggaam sal bestaan nie, wat die siel `n jaar gelede met moeite moes ronddra nie. Selfs die tande, wat baie mense verloor, word weer vervang, en ouer tande groei selfs ongeveer een lyn verder (2,2 mm). Dit is `n ander rede waarom die dosis korrek moet wees, andersins sal die persoon probleme ervaar met sy tande.

Wat hierbo genoem is, is die spesifieke effek van die sout. Wanneer behoorlik aangewend, genees dit enige fisiese kwaal, net soos die laktose pille en die steensuiker, maar die grootste versigtigheid moet aan die dag gelê word, want aangesien die laktose pille en die steensuiker geen sigbare skade kan veroorsaak as groter dosisse toegedien word volgens die toestand van iemand se natuur en kwaal nie, - selfs as daar binne `n paar dae en in `n noodgeval nog `n dosis toegedien word, - is dit nie die geval wanner dit by die sout kom nie. Eers na tien jaar kan daar nog `n ander dosis toegedien word, maar die dosis mag nie die spesifieke hoeveelheid oorskry nie.

Soos vroeër gesien, moet die noukeurigste aandag aan die dieet gegee word. Die siek mens, moet hom egter onthou van suur dranke en kosse vir ten minste 14 addisionele dae bo die tydperke neergelê in die twee vorige metodes (dit is 98 dae). Die sout bevat uitermatig intensiewe sielspesifikums, wat ook in `n mindere of meerdere mate aanwesig is in baie ander sure. Daarom sal die sout aanvanklik vanuit die sure wat die maag en liggaam deur ander weë binnegekom het, die sielspesifikums wat dieselfde is, onttrek. Daardeur sal die dosis van die sout vermeerder word en sal dieselfde effekte voortbring asof 2 tot 3 maal die dosis geneem is.

Hierdie sout het verder `n ander merkwaardige effek: As `n persoon alreeds baie naby aan sy dood is en hierdie sout word op sy tong geplaas, met dien verstande dat hierdie persoon se organe nie te ernstig vernietig is nie, sal hy óf weer gesond word, óf hy sal sy lewe verleng vir `n tydperk.

In antwoord op jou vraag watter tipe sout van swael gebruik moet word vir die songeneesmiddels, sal hierdie as antwoord dien: Ek as die Skepper, weet baie meer as enige apteker, chemikus, of farmaseut dat baie meer geneesmiddels uit swael gemaak kan word as wat tot op hede bekend is.  Hulle word genoem swaelsoute, waar swael deels `n mineraal is en deels `n vet en ontstaan het vanaf die binne-ingewande van die aarde. Hierdie swael het soveel verskillende soorte soute as wat dit wesenlik verskillende dele minerale het.

Ek beskou nie alles as die gewone sout van swael nie.  Wat Ek beskou as die sout is die suur in die swael. Die suur soos jy weet, is tweeledig, naamlik die welbekende bruin damperige suur en die steen watergesuiwerde suur. Die laasgenoemde suur moet op so `n manier so geprosseseer word dat dit kristalliseer, en dan moet hierdie kristalle vrygemaak word van alle vogtigheid.

Nadat die vogtigheid so veel as moontlik verwyder is, moet die kristalle gemaal word tot `n fyn poeier met `n vysel en `n stamper, verkieslik porselein. Terwyl hierdie kristalle fyngemaal word, voeg `n kwart teelepel blomswael by elke vol teelepel, maar dit moet so arseenvry as moontlik wees en moet goed fyngemaal word met die kristalle; hierdie mengsel is die sout van swael wat gebruik moet word vir die doel genoem in hierdie boodskap.

`n Chemikus of `n apteker kan moontlik hierdie sout van swael voorberei vir hierdie doel, bygesê as hy die moeite wil doen. Dit is egter nie so maklik vir gewone mense om hierdie kristalle te droog wat verkry word van die suiwer swaelsuur nie. Die beste tyd vir die drogingsproses is natuurlik wanneer jy die swaelsuur toelaat om te kristalliseer totdat die kristalle hulleself sigbaar gevorm het in vaste stof.

Daar is ook `n ander metode om hierdie kristalle voor te berei van die suur wat ietwat makliker is, maar wat `n bietjie langer neem. Neem `n glas koppie met `n plat bodem (donker glas is beter as `n ligter gekleurde glas). Plaas hierdie glaskoppie in die son (of in winter plaas die koppie in betreklike warm sand), gooi dan stadig genoeg suur in die glaskoppie om die bodem te bedek, maar nie hoër as die hoogte van een druppel nie, wat `n kwartlyn (.55 mm) is. Resultate in die winter is nie so goed nie.

Die suur word dan blootgestel aan die son deur die sonlig en sy warmte, die waterige vog sal opstyg van die suur en die bodem van die glaskoppie sal sigbaar bedek wees met `n dun korsie. Hierdie korsie is die gekristalliseerde suiwer swaelsuur waarna ons gesoek het. Gooi stadig meer van die swaelsuur bo-op die dun korsie soos voorgenoem, en laat dit verdamp op dieselfde manier.

As die sout in die winter voorberei word, moet dit nie in `n kamer of in `n kombuis voorberei word nie, of trouens op geen plek waar daar nie behoorlike ventilasie is nie. Jy moet die korrekte fasiliteite hê, soos `n klein laboratorium wat behoorlik toegerus is vir sulke omstandighede, want die waterige dampe wat van die suur afkom is skadelik vir die mens.

Volg dieselfde prosedure om die suur te verdamp as wat jy dit in die son geplaas het. Verdamping met die son is `n ver beter metode en moet verkies word, want die kristalle word vooraf deurdrenk met die son se strale en word agterna meer potent deur die tweede deurdrenking.

Daar is verskeie metodes om sulke suiwer gekonsentreerde swaelsuur te laat kristalliseer. As jy `n bietjie swaelsuur binne-in `n skoon houer wat van goeie ongeglasuurde klei gemaak is en dit goed verseël, sal kristalle binnekort vorm aan die buitekant van die houer. Hierdie kristalle kan gebruik word op dieselfde manier as dié wat jy verkry het deur die voormelde metodes.

Om hierdie kristalle voor te berei is baie makliker as om arseenvrye blomswael te verkry of te maak.

Ten einde hierdie kristalle voor te berei, is die volkome suiwer wit gekonsentreerde swaelsuur van Engeland die beste vir hierdie doel.

Daar is `n ander metode waarby hierdie sout van swael voorberei kan word, maar aangesien hierdie voorbereiding verskeie stukke duur toerusting vereis en minstens 1 tot 2 jaar vereis om dit voor te berei, sal Ek op hierdie punt Myself weerhou om te beskryf hoe hierdie baie bruikbare sout van swael voorberei kan word. Maar in die toekoms sal ek spesifieke instruksies deur my skrywer gee vir die voorbereiding, sowel as die nodige sketse van die toerusting.

Dit handel dan die derde metode af en die instruksies hoe dit toegedien moet word.

Hou in gedagte dat die algemene tafelsout sowel as die alkaliese soute, wat verkry mag word van verskeie plante, glad nie geskik is vir hierdie doel nie. Want eerstens, bevat die algemene tafelsout te veel growwe minerale dele en is nie vry van arseen nie, aangesien die alkaliese soute te oplosbaar is en het by tye `n te groot vernietigende effek. Slegs die soute wat hier genoem word, is geskik vir hierdie voorbereidings. Genoeg is vir vandag oor hierdie saak gesê.

Voordat ons met die vierde metode aangaan, sal Ek iets byvoeg by die derde metode betreffende die toerusting of gerei benodig vir die voorbereiding van hierdie geneesmiddels, wat ook vir die eerste en tweede metodes gebruik kan word wanneer niks anders beskikbaar is nie. Die volgende gerei kan gebruik word.

As jy probleme het of jy kan nie die glas koppies of bakke wat beskryf word in die voorafgaande metodes kry nie, dan kan jy in hulle plek houers maak of laat maak uit papier-mache, maar hulle moet verlak word met `n donkerpers kleur, soos tabakdosies. Die papier-mache mengsel moet redelik dik, goedgebak en goedverlak wees.

As jy nie donkerpers kan produseer nie, is swart ook goed. Ek praat van die vervaardigers hier in Graz (Oostenryk) maar daar sal geen probleem wees in Vienna, Bohemia, Parys of London nie.

Die swart het een nadeel, dit is nie noukeurig wat dit absorbeer nie, want dit absorbeer alles wat in sy pad kom. Daarom, as jy `n swart houer gebruik is dit my advies om nie die sonstrale direk te laat val op die geneesmiddels op die bodem van die houer nie, maar om instede daarvan dit te laat val deur deursigtige en skoon blouerige glas, wat presies moet pas bo-op die swart houer.

Wanneer dit by die laktose pille en die steensuiker kom, moet die glastop gegom word aan die rand van die houer, sodat snags en op dae waar die son nie skyn nie, hierdie houer met die geneesmiddels net met `n donkerpers lap toegemaak kan word en in `n donker plek geberg kan word.

Die soute moet egter `n spesiale glasdeksel hê wat die houer presies pas, in plaas van dat die deksel lugdig geseël word met seëlsement. Want soos jy weet, moet die sout gereeld geroer word. Die houer vir die voorbereiding van die sout moet egter beter verlak word en moet dikker wees as vir die laktose pille en die steensuiker. Nou sal ons aangaan met die vierde metode.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205