Genesing deur Sonlig
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

`n Son geneesmiddel vir diarree met vomering en vir cholera

10 Vergaar jenewer bessies (Juniperus communis) op dieselfde tyd as hulle blou word, verwyder die naalde wat mag saamkom.

Nadat jy die jenewer bessies bymekaargemaak het, neem `n blou linne lap en sprei dit uit op `n ou houttafel en plaas die tafel in die son. Sprei die jenewer bessies oor die linne lap op so `n manier dat nie een bessie die ander een bedek nie.

As dit gedoen gaan word gedurende `n tyd van die jaar waar die sonstrale alreeds swakker begin word, kan die effek van die sonstrale verhoog word deur `n wit linne lap langs die tafel te hang, aan die teenoorgestelde kant daarvan om die strale te reflekteer.

Teen die aand, neem die vier hoeke van die blou linne lap en plaas die bessies in `n glasbottel groot genoeg om die lap sowel as die bessies te akkommodeer en seël dit oornag met `n deksel.

Die jenewer bessies moet aan die son se stale blootgestel word totdat die vel verrimpeld word en hulle die kleur van gedroogde peperkorrels aanneem. Dan kan die jenewer bessies in dieselfde bottel geplaas word sonder die linne lap. Maak die bottel goed toe met `n deksel en plaas dit in `n diereblaas en maak dit so vas dat geen lig daarin kan penetreer nie en stoor dit in `n droë plek. Jenewer bessies wat op hierdie manier voorberei is, sal hul effektiwiteit vir baie jare hou.

As `n plaag of diarree met vomering in jou gebied uitbreek, eet dan 3 tot 7 van hierdie jenewer bessies elke dag. Jy kan ook hierdie bessies opmaal tot `n poeier en die poeier soos wierook om die huis, die kamer en die klere wat jy die betrokke dag wil aantrek as beskerming teen die plaag, berook. As jy dit eers eenmaal gedoen het, maak dit nie saak hoe erg die epidemie is of hoe ver dit versprei het nie, wie ookal hierdie geneesmiddel geneem het en op My vertrou en hierdie bessies aanwend volgens die instruksies wat hier gegee is, die dieet sal volg en homself sal weerhou van die vroulike gelagsorgane en enige ander tipe van braspartye (orgies), sal volkome beskerm word van die epidemie.

`n Paar van hierdie bessies wat in 350 ml fonteinwater liggies gekook is oor medium hitte, afgetrek en dan gedrink, sal die persoon verlos van hierdie bose besoeking, selfs al is die persoon alreeds aangetas met cholera.

Jenewer bessies wat gekook is in water met `n klein hoeveelheid wyn sal ook die plaag genees, met voorbehoud dat hierdie boosheid nog nie die laaste krisistye bereik het nie. Jenewer bessietee genees ook die vervloekte watersug (water retensie) beter as enige ander geneesmiddel, maar in die geval van watersug is suiwer fonteinwater beter as wyn.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205