Genesing deur Sonlig
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

Die vyfde metode van deurdrenking met die strale van die son

7 Die voorafgaande vier metodes voorsien al die sonmiddels noodsaaklik vir interne gebruik, maar ten spyte daarvan, kan die sonstrale voordelig aangewend word in baie ander maniere vir die genesing van baie fisiese kwale.

Byvoorbeeld, as iemand `n eksterne kankerwond het, neem `n vergrootglas wat gematig is, nie te sterk nie, en beweeg die brandpunt verskeie kere per dag oor so `n wond. Dit moet op so `n manier gedoen word dat elke deel van die wond behandel word deur die brandpunt van die vergrootglas, maar moet nie die brandpunt toelaat om te lank op een plek te bly nie.

Wanneer hierdie prosedure voltooi is, neem `n skoon linnelap en doop dit in sonwater en plaas dit op die wond. Die toediening van die linnelap moet verskeie kere per dag herhaal word op `n uurlikse basis deurdat vars skoon linnelappe vir elke applikasie gebruik word en in vars sonwater ingedoop word voordat dit aangewend word. Die pasiënt sal in `n baie kort genees word, mits hy die korrekte dieet volg.

Ewenwel, as gesonde ryp tabakblare beskikbaar is, is hulle beter as linne, maar hulle moet eers op `n glasvenster geplaas word en aangewakker word deur die son.

Instede van sonwater, is `n sontinktuur net so geneeskragtig. `n Sontinktuur word as volg voorberei:

Jy is bekend met die krui wat op die Alpe groei, genaamd arnika? Neem net die blomblare en die dun draadjies van hierdie krui en sit twee hande vol van hierdie arnika blomblare in 700ml goeie alkoholiese wyn [40% alkohol]. Die alkohol wyn en die arnika blomme moet in `n deursigtige goedverseëlde bottel geplaas word, en aan die son blootgestel word vir 2 tot 3 weke en daagliks goed geskud word. Daarna het die alkohol van wyn `n sontinktuur geword. Hierdie tinktuur moet dan afgetrek word, met ander woorde, die arnika blomblare moet geskei word van die tinktuur. Die tinktuur moet in `n donkerpers bottel gegooi word en gestoor word in `n behoorlike plek.

Die tinktuur moet op die volgende manier aangewend word: neem een druppel van die tinktuur en meng 4,5 gram sonwater daarby, slegs in die geval van ernstige wonde meng 4,5 gram sonwater met 3 tot 5 druppels van die arnika tinktuur. Die voorgenoemde linnelap moet eers aan die son blootgestel word en opgewarm word en dan gesprinkel word met die arnika tinktuur. Dan word die linnelap op die wond geplaas. Met hierdie geneesmetode, sowel as met die twee hierbo genoem, kan hierdie wonde genees word.

Selfs pitswere, ekseem (gordelroos) en skilferkop (by babas) kan gesond gemaak word met hierdie manier, maar die dieet moet egter gevolg word.

Daar is egter nog `n geneesmiddel vir ernstige wonde van hierdie soort en dit is as volg:

Neem goeie en vars hempsade, droog hulle in die son vir 14 dae en stoor hulle in `n droë plek in `n geslote houer. Dan, wanneer nodig, berei die hempsade deur hulle liggies te kneus en sit hulle in `n oliepers, en jy sal `n baie fyn olie ekstraheer.

Dien hierdie olie gereeld op sulke wonde toe en in `n baie kort periode sal hierdie wonde gesond word en dit sal geen skadelike effek op die liggaam hê nie, mits jy die dieet korrek navolg.

Van hierdie voorbereide hempsade kan jy ook `n tipe melk onttrek, op dieselfde manier as wat jy amandelmelk maak, wat diegene sal bevoordeel wie se ingewande nie in die beste kondisie is nie. Hulle wat, byvoorbeeld tuberkulosis van die longe het of verharding van die lewer en die milt sowel as die niere sal, as hulle hierdie melk drink, `n baie groot voordelige effek voel.

Maar waar die innerlike dele of organe meer geneig is om op te droog, is `n lynsaad melk baie beter, maar die lynsaad moet eers vir 14 dae in die son gedroog word.

Daar is ook `n ander geneesmiddel vir die verligting van pyn in die gewrigte of ledemate en dit is baie eenvoudig om voor te berei.

Neem 16 onse vars geparste olyfolie en gooi dit in `n bottel wat goed verseël kan word, en voeg daarby `n handvol papawer blomme. Die blomme van die wilde papawer of die klein veldtipe is baie beter vir hierdie doel as die groter tuinvariteit. 

So gou as wat die papawerblomme in die olyfolie geplaas is, seël die bottel goed en stel dit bloot aan die son vir tot 2 tot 3 weke , en skud die bottel verskeie kere per dag. Na dit, trek die vaste dele af en gooi die olie in `n bottel wat `n donkerder kleur het, maar `n ligter bottel sal doen as niks ander beskikbaar is nie. Seël dan die bottel goed.

As iemand van enige pyn in sy ledemate gekwel word, sprinkel die olie op `n lap wat blootgestel en verwarm is deur die son en plaas dit op die pynlike ledemate, en binne `n kort tyd sal dit beter word. Hierdie olie kan ook gebruik word vir borspyn en vir steke aan die kant solank dit `n rumatiese oorsprong het.

In die hoofstukke wat gaan volg sal ek meer arnika – of meer belangriker geneesmiddels onthul.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205