Genesing deur Sonlig
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

Dieet instruksies wanneer genesing deur sonlig [heliopatie] toegepas word

2 Normaliteit in alles byvoorbeeld met etes, drink, slaap, bad, was en uitgaan is noodsaaklik.

Baie belangrik is die totale onthouding van alle suur en gespeseryde kosse en drankies, spesifiek totale onthouding van bier en veral koffie.

Koffie is by verre die ergste ding wat die mensdom vanuit die groentekoninkryk vir sy genot gekies het. 

Hierdie vrug was uitsluitlik geskep vir die volgende tipe diere op aarde soos perde, donkies, kamele en ander soortgelyke spesies, want koffie besiel hulle en versterk hulle senuwees.

Die effek van hierdie voerbone is egter heeltemal die teenoorgestelde wanneer dit deur die mens ingeneem word.

Koffie ruïneer die bloed ontsettend en verhit die geslagsdele; en as hierdie gevoelens nie onmiddellik bevredig kan word nie, is die resultaat `n algehele afstomping van die sensitiewe dele van die liggaam.

Hierdie afstomping verteenwoordig `n ontsettende poging van die menslike siel om daardie astrale (van die sterre af) of sielkundige (psigiese) vermoëns, wat bestem was vir die growwer diere, te verwyder vanuit die liggaam.

Die siel word moeg, lui, traag en agterlosig, sowel as neerslagtig, weemoedig, knorrig, swartgallig en treurig. Ek vertel julle: Dit sal beter wees vir jou fisiese liggaam as jy eerder `n koppie vloeibare dieremis, wat met suiker versoet is, sal drink as hierdie bruin dierevoersop.

Ek noem die skadelikheid van koffie spesifiek, want ek weet maar al te goed hoe die vroulike bevolking verslaaf is aan hierdie donkievoer, en daar is niks meer skadelik vir die natuur van die vroulike liggaam as die verbruik of genot van hierdie drankie nie.

En daar is niks wat die liggaam, veral die vroulike liggaam, minder ontvanklik maak vir genesende middels as koffie nie.

Dit is waarom koffie vermy moet word gedurende enige siektetoestand en spesifiek wanneer homeopatiese geneesmiddels ingeneem word, anders sal hierdie geneesmiddels geen effek hê nie.

As `n swaar koffiedrinker gif sal inneem, en daarna `n groot hoeveelheid koffie sal drink, sal selfs die effek van die gif geëlimineer word.

As koffie die gewelddadige effekte van gif kan elimineer - met voorbehoud, natuurlik, dat die gif nie te kragtig is nie - hoeveel te meer sal dit nie die delikate sielspesifieke aksie van hierdie nuwe sonstraal-homeopatiese middels affekteer wat ons in die volgende hoofstukke sal beskryf nie?

Dit is waarom koffie te alle tye vermy moet word, want dit verhinder die resultate van die edele en suiwer geneesmiddels baie meer as die welbekende opium!

Vars meelkosse eerder in `n pap of gort of in `n kooksel of in `n voorraad van suiwer, organiese en gesonde vleis, of gekook in vars organiese melk met `n laevet inhoud en matig geëet, moet voorkeur geniet bo alle ander voeding. Bone en lentils mag nie geëet word nie, maar ander voedsel mag geëet word. Pap gemaak met mielies of goedgekookte rys, hawer, gars en spelt [haweragtige koring] in die voorgemelde kooksel of in melk is baie voordelig en mag geëet word.

Goedgekookte gesonde vleis, matig geëet, doen geen skade nie, op voorwaarde dat dit geëet word met gekookte vrugte soos appels of pere of pruime, weer matig, want vleis bevat sielspesifikums van `n growwer en meer ondergeskikte aard. Wanneer vleis met vrugte geëet word, dan is die spesifika nie so hard nie en sulke voedsel bevoordeel die siek persoon.

Maaltye wat met groente voorberei word, moet vermy word gedurende die periode wat helioterapie geneem word. Die voedingspesifikums vir die siel van alle eetbare kruie en wortels is baie meer onsuiwer as die spesifikums in die vleis van diere, en dit is daarom dat dit vermy moet word.

Die tweede metode wat in hierdie boekie genoem word, waar growwe suiker blootgestel word aan die son, het dieselfde effek as die eerste een, op voorwaarde dat die instruksies presies nagekom word, - en met die vaste geloof en vertroue in My samewerking – en is `n bietjie makliker as die eerste metode. Die enigste ding is dat hierdie metode `n bietjie meer tyd benodig, maar dit is nie te belangrik nie.

Die eerste metode is ietwat meer betroubaar. Maar sou dit sekere probleme veroorsaak, dan sal Ek wanneer jy die regte geloof en vertroue in My het, die tweede metode net so seën as die eerste een.

Geen middel is effektief sonder My samewerking nie, en sal uiteindelik tot die nadeel en tot vernietiging van die fisiese liggaam en uiteindelik ook van die siel inwerk.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205