Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

BOSE MAGTE WORSTEL HEWIGER OOR DIE SIEL VOOR DIE EINDE
B.D.4996 - 9 November 1950
Die demone omring u en probeer aanhoudend om `n verbinding te versteur wat daar tussen die geestelike ryk en die aarde bestaan. En dus probeer hulle om op u wil in te werk, om `n lig te doof dat u mense die weg helder moet verlig in die laaste tydjie voor die einde.
Die bodes wat Ek gestuur het, word dikwels deur hierdie duistere wesens in die noute gebring, omdat hulle die lig haat en verafsku, omdat hulle dit nie in hulle duisternis kan verdra nie. Maar die ligwesens beskerm u en laat dit nie toe dat u in die stryd teen die duister magte die onderspit delf nie.
Dit is `n worsteling van beide magte, sowel om u siel, asook om die siele van hulle wat die weg na die Bron van die lewe gevind het en hulleself daarmee wil lawe. En beide probeer om die oorhand te verkry. Dit is die laaste tydjie voor die einde. En die Satan het baie mag. Maar hy kan die mense wat My liefhet en na My strewe, nie dwing nie.
Maar om hulle erg in die noute te bring en hulle siele te verontrus, sal hy steeds, en dit is die versoekings waaraan u - My werkers en knegte altyd op aarde blootgestel is. Maar u moet nóg die versoekings, nóg die verleier self vrees, want My liefde beskerm almal wat My toegedaan is.
En daarom moet u uself nie in die war laat bring nie, maar onbesorg die weg van die waarheid verder bewandel, die weg van die lig wat na My voer en wat die teenstander u nie kan versper nie, ondanks lis en geweld. Want hierdie weg is My gebied en wie daaroor gaan, is teen alle aanvalle van die vyand gevrywaar.
Hy kan nie by hom kom nie, omdat die helder lig hom verblind en sy intriges herken word as hy probeer om hom met lis van die regte weg te lok. Baie demone omring u, maar hulle kan u nie skade toebring nie, solank u u toevlug tot My neem in gebed, solank u My in u hart toegedaan is en My slegs wil dien.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205