Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

IN DIE BESONDER WORD HULLE WAT NA DIE GEESTELIKE STREWE, IN DIE NOUTE GEBRING
B.D.6545 - 12 Mei 1956
Die mense wat opwaarts strewe is heel in die besonder blootgestel aan die aanvalle van My teenstander, en hy wend die mees verskillende middele aan om sy doel te bereik om hulle weer van My afkerig te maak en na benede in die diepte te trek. Hy is so verblind, dat hy glo hy is reeds suksesvol, omdat hy nie weet, dat hy hierdie siele al verloor het deur hulle wil, wat My geld nie. Want hulle wat eens in vrye wil vir My kies, laat Ek nie meer los nie. Maar Ek kan dit natuurlik ook nie verhinder wanneer hy homself so nou en dan na die wêreld wend nie, wanneer My teenstander `n skynsukses kan bekom nie. Maar onherroeplik keer die siel na My terug, want die wêreld kan haar nie meer gevange hou nie, en My liefde trek die skepsel aan wat al die weg na My gevind het.
En hierin sal u ook die verklaring kan soek, dat hulle wat na geestelikheid strewe, moet worstel met My teenstander om hul vryheid. Hulle sal nooit die verlorende party wees nie, maar sal tog krag moet aanwend, want hy is hardnekkig en sy middele is dikwels nie te onderskat nie en kan daarom `n skadelike uitwerking hê in soverre, dat die weg na My verleng word deur ’n tydelike stilstand of te kyk na wat agter hulle lê.
Ek kan dit egter nie verhinder, wanneer die mense hulleself laat verblind deur die vals lig nie, en in die besonder dan nie, wanneer hulle verbygaan by die ware lig wat uit My straal terwille van die begogelende en verblindende lig, wanneer hulle oë dan swakker geword het en hulle niks meer kan herken nie. Nóg Ek, nóg My teenstander sal dwang aanwend waar dit om die vrye beslissing van die skepsele gaan, maar tog sal My teenstander nie slaag om weer die siele van My te ontruk, wat hulleself op die weg na My bevind nie, hy kan hulle slegs ophou en probeer om vir sy doel af te rokkel. En dan beslis die vrye wil weer, wat egter sekerlik ook weer die weg na My sal terugvind, selfs wanneer die mens oor dwaalweë gegaan het, want wie My eens as doel het, gee die doel nooit meer op nie.
Dat dit egter tog al moontlik is, om hom maar in die minste terwille te wees, lê by u, mense self. U band met My het u self losser gemaak en hom daardeur na u toe getrek, wie so 'n geleentheid nie vir homself laat verbygaan nie. Daarom is verhoogde waaksaamheid steeds gebiedend vir elkeen wat opwaarts streef, (14 Mei), want ofskoon die teenstander ook blind is in sy gees, ofskoon sy denke ook heeltemal aan die verkeerde kant opgaan, weet hy tog dat hy geen langer tyd meer het nie, dat `n termyn aan hom gestel is, en in sy duisternis glo hy om in hierdie kort tydjie nog te bereik dat hy My sal onttroon en homself op die troon kan verhef.
En daarom deins hy ook vir geen middel terug nie en hy stop vir geen mens nie, maar een ding kan hom teenhou: Wanneer u uself in My ligkring bevind.
Teen My lig is hy nie opgewasse nie en daarom probeer hy alles om die draers van die lig tot `n val te bring. Is u egter waaksaam, dan sal u u oë en harte steeds net na My toe wend, dan kan die lig van My liefde sterker in u binnestraal en My teenstander verafsku dit en vlug. U moet waaksaam wees en bid en hy sal niks met u bereik nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205