Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

VERLEIDING IN DIE VORM VAN AARDSE VERMAAK
B.D.2778 - 18 Junie 1943
U mag nie glo dat die teenstander u met rus sal laat nie, ook wanneer u na God streef. Sy werksaamheid is onbegrens, solank die wil van die mens swak is. Slegs `n sterk wil kan hom weerstand bied, wat hy nie kan oorwin nie. Steeds is dit die wil wat deurslaggewend is of hy mag oor `n mens verkry. Word die wil egter swakker, dan is sy invloed ook weer sterker en die verleidinge kom by die mens in die mees uiteenlopende soort na bo. En daarom moet hy voortdurend worstel, hy moet voortdurend om krag en barmhartigheid vra om versterking van sy wil, hy moet konstant op sy hoede wees dat hy nie beswyk voor die bekoringe van die bose nie, hy moet waaksaam wees en bid, want dit is die prys van die stryd werd.
Die mens word steeds weer gekonfronteer met die wêreld en haar verlokkinge en dit is die doeltreffendste middel van die teenstander om die mense tot `n val te bring, want alles wat deel uitmaak van die wêreld, skei die mens van God. Hy kan nie tegelyk God en die wêreld besit nie, hy moet die een opoffer as hy die ander wil verwerf. Die wêreld bied egter slegs skyngoedere, wat drogbeelde is, wat die mens maar tydelik gelukkig maak en wat in die niet ineenstort. Dit het geen blywende waarde nie, vernietig daarenteen selfs nog die geestelike waardes, dit wil sê, dit lei die mens af van die geestelike strewe en dit is `n stap agteruit op die weg van ontwikkeling.
Die teenstander is onophoudelik daarop bedag om die mens van God te verwyder en daarom benader hy hom steeds in die vorm van wêreldse vermaaklikhede, hy lok hom met die vreugdes van die wêreld, hy trag om sy sinne hierop te rig en hom dus aan God ontrou te maak. En stel die mens hom geen vaste wil daarteenoor nie, dan delf hy die onderspit en het die teenstander `n vry spel. Terwyl die liggaam van die mens aan genietinge deel, kom die siel daarenteen in nood, want sy moet in dieselfde mate gebrek ly as die mens aardse genoegdoening in ontvangs neem. Kan die siel haarself teenoor die liggaam handhaaf, dan geluk dit haar om die mens in `n ontevrede stemming te bring, dit is die innerlike vermanings en waarskuwings wat deur die innerlike stem aan die mens oorgebring word as hy maar daarop ag slaan. Dan sal hy alles in werking stel om die verlange na die wêreld te oorwin, en homself met toenemende wil weer na die geestelike strewe keer. En die wil verskaf hom ook die krag en die barmhartigheid om dit te kan uitvoer.
Dikwels is die stem van die wêreld egter sterker as die innerlike stem, dan sterf die laaste ongehoord weg, die mens stort homself steeds dieper in die maalstroom van wêreldse genoegdoening, hy wil geniet en raak in die vangnette van die teenstander, wat hom steeds vaster aan homself vasketting, hom die vreugde van die wêreld bied en hom heeltemal onontvanklik maak vir geestelike goedere. Hy het sy wil afhanklik gemaak en slegs moeilik sal hy homself van hom kan losmaak, want hy moet homself self van hom afwend en na God verlang, voordat die krag en barmhartigheid by hom werksaam kan word.
Daarom, behoed u teen die bekoringe van die wêreld. Bedink dat die teenstander van God steeds en steeds weer op u afkom en dat slegs u wil hom kan verdryf. Waak en bid sodat hierdie wil eg en sterk mag word. Let op die gevare wat in die vorm van wêreldse verleidinge steeds om u heen op die loer lê en vra onophoudelik aan God om krag om dit te weerstaan, want elke val is `n geestelike stap terug en elke oorwinning bring vir u die doel nader. Wat God u aanbied, is onvergelykbaar waardevoller en kan nooit deur wêreldse goedere, deur wêreldse vreugde of vermaak vervang word nie. Wees waaksaam en weet dat u deurlopend bedreig word deur God se teenstander, wat probeer om u tot `n val te bring. En daarom, vra van God krag en versterking van u wil sodat u elke versoeking kan weerstaan.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205