Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE WERKSAAMHEID VAN SLEGTE GEESTE - BESETENHEID
B.D.6480 - 19 Februarie 1956
Die verlossingsproses van die gevalle geestelike vind so plaas soos wat My Wysheid dit sedert ewigheid besluit het, want slegs Ek ken die misvorming van dit wat eens in alle volmaaktheid uit My voortgekom het en daarom is Ek ook op hoogte van die middele en weë hoe (die gevallenes) hulle vroeëre gedaante weer kan verkry, hoe die volmaaktheid van weleer bereik moet word.
My doel, wat Ek ook seker eens sal bereik, is die vergoddeliking van My skepsels. Maar die vergoddeliking verg ondenkbare lang tye, vir menslike begrippe vereis dit ewighede, terwyl die tydsduur vir My van geen belang is nie, want Ek is alle ewigheid.
Solank die wesenlike se bewussyn afgeneem is, solank die geestelike wat Ek uiteen laat val het, ten behoewe van die bereik van sy bestemming, wat nog die mees verskillende skeppings moet deurloop, ontbreek dit die geestelike ook nog die tydsbesef. Eers wanneer die sielspartikeltjies, wat by `n oerwese hoort weer sy saamgesteldheid sal hê en as 'siel' nou die menslike liggaam betrek, word die wese ‘ek’ bewus en die tyd word vir hom nou ook tot `n begrip.
Nou hoef die wese, die eens gevalle oergees, nog maar `n kort tydjie aan homself te werk om die verlossingsproses te beëindig, wanneer hy daartoe bereid sal wees. Maar in hierdie kort tydjie van die aardse lewe kom dit daarop neer om die doel met alle kragte na te strewe, om die laaste reiniging uit te voer, die siel van alle slakke te bevry wat haar nog aankleef, omdat sy haarself nog in die werksgebied van hulle bevind wat die oorsaak was vir haar val in die diepte.
En die gebied is vol slegte geeste, wesens van die soort wat gefaal het in die aardse lewe, wat nie die wil kon bring om hulleself van hom los te maak nie wat in hulle aard soos hulle heerser lyk en wat vervul is met haat teenoor al die wesenlike wat opwaarts streef. Hierdie slegte geeste omgewe die mense en hulle probeer invloed te verkry op die siel, op die denke, gevoel en wil van die mens. En die mens moet nou met al sy kragte teen hulle kwellinge stry, wat hy egter ook kan met die hulp van Jesus Christus.
Dus sal die geestelike bose wesens alle slegte eienskappe in `n mens probeer aanwakker, en gevolglik kan mens sê dat elke slegte gewoonte, elke ondeug, elke onedele eienskap die inwerking is op die menslike siel deur sulke laagstaande geeste en dat hierdie bose geeste hulleself ook kan nestel in die mens, wanneer hy homself geheel deur hulle laat beheer, wanneer hy gladnie van sy kant af weerstand teen hulle bied nie.
Dan sal hy hewige teenstand moet bied om van die bose geeste ontslae te raak en maar homself net standvastig aansluit by Jesus Christus, met innige gebed tot Hom om hulp, sal hom bevry van die wesens, wat egter self nog heeltemal afwerend staan teenoor elke straal van liefde, omdat hulle, as Satan se aanhang, alles wat goed is, haat en dit vir hulle daarom ook nie geoorloof is om hulleself in mense te nestel wat bewustelik na My strewe nie. Weliswaar sal hulle steeds van buite af inwerk, maar dit kan heelwat vroeër afgeweer word. Het hulle egter eers eenmaal besit geneem van die siel, dan is dit uiters moeilik om van hulle bevry te word en vereis dit `n sterk wil. En dan sou u mense kan praat van besetenheid, dan is die werksaamheid van sataniese kragte duidelik te sien.
En die verklaring lê hierin, dat die siel in haar ontwikkeling tevore nog nie `n hoëre graad bereik het nie, dat die tyd van haar beliggaming egter naby gekom het, en dat die stryd op aarde daarom besonder swaar is om al haar aandrifte, slegte gewoontes en begeertes kwyt te raak, wat die lae geeste die moontlikheid gee om haar in die noute te bring of selfs by haar binne te sluip.
Uit haarself is die siel `n gevalle oergees, waarteen ander oergeeste in opdrag van hulle Heer stry, om die terugkeer vir hom onmoontlik te maak. Maar Ek Self staan aan die kant van die gevalle oergees en deur My werk van verlossing is daar `n verskansing opgerig tussen die oergees wat as mens oor die aarde gaan en die slegte geeste uit die diepte.
Elke siel wat My en My werk van verlossing bely, soek beskerming agter die verskansing en kan nie meer deur die bose geeste in die noute gebring word op so 'n manier, dat hy hulle ten prooi val nie. Slegs die giftige asem uit die duisternis kan haar deur middel van gedagtes aanraak, wat voortdurende waaksaamheid, voortdurende gebed en innige aaneensluiting met My nodig maak. U mense is dus nie oorgelewer aan die aktiwiteit van hierdie sataniese kragte, wanneer u uself daarteen verweer nie. Want daarvoor het Ek aan die kruis gesterwe, sodat die mag van Satan gebreek is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205