Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

WAARVANDAAN IS VERLEIDING AFKOMSTIG?
B.D.8467 - 14 April 1963
Daar word baie vir u gegee, omdat My liefde vir u onbegrens is, en glo u dan dat Ek `n versoek van u onvervuld sou laat as dit die welsyn van u siel betref?
Die siel sal egter die grootste voordeel daaruit trek, as Ek haar volgens waarheid onderrig, want dan leer sy My ken en liefhê en dan is haar doel ook seker, dat sy haarself deur die liefde met My verenig. Baie sal u mense nog te wete kom deur My onderrig, steeds dieper sal u binnedring in `n gebied wat vir u maar net op geestelike manier ontsluit kan word, en daarom sal Ek My steeds weer aan u openbaar, Ek sal u deur My Gees `n kennis laat toekom, wat u sal verbly en moet help om u te voltooi.
En dit is belangrik dat u weet, hoe u eie aard is en waarom u so geaard is soos wat u as mens oor die aarde gaan. Dit gaan daarom om u laaste wilsproef op hierdie aarde af te lê, dit gaan daarom dat u volbring, om u opnuut te vorm soos wat u as oerwese was, wat soveel wil sê as, dat u al die negatiewe wat nog aan u kleef, moet verander in iets positief en weer die volmaakte wese word wat u in die allereerste begin was.
U onvolmaaktheid bestaan daarin, dat u vrye wil, wat homself in alle rigtings kan ontplooi, heeltemal omkeer; dat hy dus die teenoorgestelde nastreef van dit wat met My Wil ooreen kom, wat dus wetlike ordening was. Die (oerwese) het uit die wet van die ewige ordening gestap, hy het sy wil misbruik en het so sy wese tot die teendeel laat word. Nou egter is dit deur `n eindelose lange tyddurende proses wat hom terug moet bring waar hy weer in staat gestel word om opnuut met sy wil `n beslissing te neem, wat hy tevore, in die toestand van `n gebonde wil, nie kon nie. Hierdie ontwikkelingsgang is al breedvoerig vir u uitgelê. Nou is die wese egter by die begin van sy beliggaming as mens nog ver van die volmaaktheid verwyder omdat hy nog eintlik baie negatiewe dinge besit, wat hy nog moet oorwin in die aardse lewe. Want die wese bevind homself nog heeltemal in die mag van hom, wat die aanleiding gee tot sy val in die diepte. En omdat die wesens hom eens vrywillig in die diepte gevolg het, het hy ook nog `n sekere reg op die siele.
Maar Ek het ook `n reg daarop, omdat al My skepsele uit My Krag voortgekom het. Die siel moet nou self die beslissing neem aan welke Heer sy ondergeskik wil wees, en om haar wil stry sowel Ek, asook My teenstander gedurende die aardse lewe. Dus het ook My teenstander die reg om op die wil van die mens in te werk en hy doen daarom ook alles, om hom vir homself te wen.
Daar moet die mens, die eens gevalle skepsel wat nou beliggaam is, wat baie negatiewe dinge in homself verberg, dus eienskappe en begeertes wat kenbaar maak dat hy by My teenstander hoort, nou stryd voer teen die eienskappe en begeertes. Hy moet homself oorwin, al die negatiewe afstoot en sy wese weer verander, deurdat hy goddelike eienskappe aanneem, deurdat hy `n passende maat vind vir alle neigings wat hom volgens sy natuur as mens toegevoeg is, omdat hy homself kan toets en stryd voer teen homself, dit wil sê, teen die gedagtes wat deur die teenstander in wanorde gebring word, handelinge en geestesvermoëns, wat juis as gevolg van die val van weleer die wese totaal verander het, dit wil sê, om te sondig teen die wet van die ewige ordening.
Die stryd tussen My en My teenstander, om die wil van die mens, vind voortdurend plaas gedurende die aardse lewe, en die teenstander sal sy verleidingskunste te alle tye aanwend, hy sal die mens steeds daartoe aanspoor om teen die wet in te handel, dus om teen My ordening van ewigheid te sondig. En steeds opnuut sal die mens self die wil moet voortbring om hierdie versoekings te weerstaan, maar ook altyd die krag daarvoor kry, wanneer hy My maar daarom vra. Die verleidinge kom altyd van My teenstander, terwyl Ek maar net aangeroep wil word om die mens teen afvalligheid te behoed.
Wat die wese nou ook mag, op welke wyse die mens in versoeking raak, dit is steeds die werksaamheid van My teenstander. Nooit is so 'n verleiding van My afkomstig nie, steeds is Ek egter bereid om u mense te help om die versoekings te weerstaan. Dit gaan daaroor dat u mense uself van My teenstander, wat vir u veg, losmaak, terwyl hy steeds weer probeer om u aan homself te bind en tot `n val te bring. Nooit sou Ek u op dieselfde manier in sulke bekoringe lei nie, inteendeel probeer Ek om u daaruit te bevry. Maar Ek kan My teenstander nie sy reg ontsê om vir u, wie in vrye wil by hom wil bly, te stry nie. En netso het Ek nie hierdie verkeerde neigings in u gelê nie, dat dit u dus volgens die wette van die natuur na benede sou kan trek nie, veeleer moet u vrye wil self die grense trek, u sal die korrekte maat moet vind, dan sal u nooit sondig nie.
My teenstander sal egter steeds probeer om u daartoe te bring om die korrekte maat te oortree, dus al die goeie in die teendeel te doen, om alle aandrifte, wat u volgens die natuur in u het, te misbruik en u daardeur tot sonde te bring. Hy sal nooit ophou om u in die versoeking te bring tot aan die einde van u lewe, maar u sal hom kan oorwin met My barmhartigheid en My krag. Dat Ek al hierdie versoekings toelaat, beteken egter nie dat Ek u Self in die ‘versoeking lei' nie, maar Ek lei u uit die versoeking en verlos u van alle boosheid, wanneer u My daarom vra.
Van My kan daar niks negatief beweer word nie, Ek Self kan ook niks negatief in `n mens gelê het nie, inteendeel, Ek kan steeds maar net die volmaakte skep, wat die wese egter in vrye wil deur die invloed van My teenstander kan verander in die teendeel. Maar in die aardse lewe moet u die proef aflê of u bereid is om te stry teen al die niegoddelike in u, en met die doel sal Ek u op elke wyse help. Want Ek wil dat u die volmaaktheid bereik, maar Ek Self sal u geestelike nood nie vergroot nie, deurdat Ek die moontlikhede van `n nederlaag nog vir u vermeerder. Want Ek bemin u en wil u geluksalig maak vir ewig.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205