Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE LEIDING VAN GOD - DUIWELS IN DIE EINDTYD
B.D.4354 - 26 Junie 1948
Al u treë is tevergeefs, as u My nie langs u laat gaan nie, omdat Ek u korrek lei en u uself nie op verkeerde weë sal begeef nie. Daar vind `n onafgebroke stryd plaas van die duiwels oor u siel, en gevolglik staan hulle lokkend langs die weg, verleidelik probeer hulle om u `n ander rigting te laat gaan, dat u geen ag meer sal slaan op die weg nie en ongemerk `n verkeerde weg sal gaan, wat u ver van die doel sal voer.
Laat My langs u gaan, dan durf die demone nie naby u omgewing kom nie, die volheid van lig wat van My uitgaan, verblind hulle, hulle wyk terug en laat u ongehinderd voortgaan. Onthou goed dat u voortdurend deur kragte omgewe is wat nie die goeie met u voorhou nie, wat u egter onder My beskerming nie hoef te vrees nie, want dan is hulle magteloos en is u sterker as hulle.
In die eindtyd woed hulle besonder heftig en hulle deins ook nie terug vir hulle wat na die geestelike strewe nie, want die lig wat van u uitstraal, as u die waarheid soek of verbrei, prikkel hulle en maak hulle woedend, sodat hulle probeer om dit uit te doof en u daarom erg in die noute bring. Met My egter is u veilig, want Ek lei u sodat u, u doel vry en vinnig sal bereik. Maar die weg is meer vermoeiend; dit is nie vlak en deur mooi gebiede omsoom wat u oë streel nie, die aardse weg is `n moeisame pelgrimsweg en as dit lieflik is om te sien, loer die gevaar agter die skoonheid uit.
Met My egter skenk u geen aandag aan die moeite en ongemak nie, u kyk nie om u heen nie, veeleer slegs bo u, u kyk na vore waar u oog iets pragtig waarneem wat u probeer bereik. En daarom mag u uself nie slegs alleen op die weg begewe nie, maar u moet My voortdurend aanroep om My leiding, u moet steeds in My geselskap bly, dan sal die aardse weg maklik vir u wees, die vyandige magte sal u nie so in die noute kan bring nie, ofskoon hulle steeds weer probeer om u daartoe oor te haal om My agter te laat en alleen op die weg verder te gaan. U wil moet sterk wees en bly, dan sal u die oorwinnaar wees; u wil moet uitgaan na My, dan versterk Ek u en laat u nie los wanneer u in gevaar verkeer nie. Die stryd van die bose geeste om u siel, sal toeneem hoe meer dit na die einde loop, maar u sal ook vaster staan in die geloof in My en met weerstand teen elke versoeking optree en die mag wat die vyand teenoor u gebruik, sal steeds geringer wees, want steeds helderder straal die lig van My teenwoordigheid, en steeds duideliker bemerk die duister magte dat die Heer van die skepping hulle tegemoet tree, Wie hulle nie kan dwing nie.
En hulle sal u vermy, hoe nader die einde kom, dan sal die krag van u geloof so groot wees, dat niks u meer in die war kan bring of ontrou laat wees nie, want dan weet u dat Ek Self na u toe sal kom - sigbaar, en u na omhoog neem, soos Ek dit beloof het. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205