Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

BEKORINGE VAN DIE KANT VAN DIE ONDERWÊRELD EN STRYD
B.D.2455 - 23 Augustus 1942
Wie homself in `n opgaande lyn ontwikkel, is ook aan besondere bekoringe van die kant van die onderwêreld blootgestel, want die stryd van die duisternis teen al die ligvolle en die wat na die lig strewe, word met volharding gevoer en verg `n taai weerstand.
En daarom moet die mens elke geestelike stryd beskou as `n bewys dat ook hy behoort tot hulle wat hulleself positief ontwikkel, en dat hierdie gevegte maar net sy wil beproef en hom ook sterker laat word.
Daar sal geen mens wat worstel, sonder hulp bly nie en sy siel word behoed deur ligwesens, wat hierdie stryd goed sien en steeds bereid is om hulp te bied, omdat hulle op die hoogte is van die swakhede van die mens, maar ook van hulle wil die swakhede Heer word. Ook die verlange om na waarde geskat te word vir hulle hulp, hulle wil egter meer gee as wat hulle ontvang van die mens, die verlange (van hulle) na slegs opmerksaamheid om hulle kennis oor te bring wat gelukkig maak.
En andersyds dra die kennis daartoe by om homself teen die kragte van die onderwêreld te kan stel, dus as oorwinnaar tevoorskyn te kom in die stryd teen bose kragte. Want teenoor `n mens wat weet, is die wapens van die bose magte sonder uitwerking, want hy besef hulle lis en kan met sukses daarteen optree. `n Sekere gevaar bestaan daar slegs – solank as onverskilligheid homself van die mens Heer maak en hy versuim om hierteen te stry, en dit is juis gevaarlik, omdat die teenstander van God dadelik bereid is om die onverskilligheid van die wil van die mens in sy greep te kry en dat die stryd wat die mens moet voer dan steeds swaarder word.
Want dit is die sterk kant van die mens dat hy homself dadelik oorgee aan God en Hom om beskerming vra, en hy hierdie weg sal gaan deur die kennis wat hy ontvang het. Daarom het die teenstander van God slegs geringe vooruitsigte om `n siel wat na God streef, vir homself te wen, ofskoon sy (die siel) gekonfronteer word met verleidinge in die vorm van geestelike neerslagtigheid, depressies, wat homself steeds dan voordoen, wanneer die mens homself sterk genoeg waan en minder beroep doen op die hulp van God.
God wil altyd geraadpleeg word, Hy wil die mens steeds as Leier bystaan onder alle omstandighede van die lewe, maar Hy wil ook altyd aangeroep word, en as die mens dit nalaat, trek God homself skynbaar van hom terug en laat hom in nood raak om hom daardeur weer aan Homself te bind, om uit die diepste van die hart weer aangeroep te word, omdat die kragte van die onderwêreld deur die roep verdring word en die omhoog klim nou sonder moeite kan voortgaan. Want God wil dit vir die mense maklik maak, maar die swakheid van die wil bemoeilik vir hulle die weg omhoog.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205