Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE STRYD TEEN DIE VYAND VAN DIE SIEL DIE AANROEP VAN JESUS CHRISTUS
B.D.5037 - 9 Januarie 1951
In die stryd teen die bose sal u steeds oorwinnaar bly as u Jesus Christus aanroep om hulp. Hy ken die vyand van die siele, wat ook Homself as vyand tegemoet getree het, toe Hy op aarde geleef het, en wat die mense daartoe gebring het om Hom aan die kruis te slaan. Hy ken hom en weet van sy boosaardigheid, sy lis en geweld en sy mag, wat hy misbruik om u mense van God af te bring en van Hom te vervreem.
Hy ken hom en plaas Homself teenoor hom om die stryd aan te bind sodra u Hom maar aanroep om hulp. U is in voortdurende gevaar want hy lê by u op die loer en probeer om u skade te berokken, hy weet wie daar na God streef en, vir hulle in die besonder, probeer hy tot `n val te bring, deurdat hy hom deur middel van `n vermomming wil mislei, deurdat hy homself vroom voordoen en tog vol sataniese gedagtes is.
Jesus Christus lê egter sy skandelike spel bloot en gee diegene die vermoë om dinge helder te deursien, wat hulleself aan Hom toevertrou. Geen uitroep tot Hom sterf ongehoord weg nie en vir Hom is geen vyand te magtig, dat Hy nie teen Hom sou kan optree nie, Hy dwing almal en kom as oorwinnaar te voorskyn. Daarom hoef u die vyand van u siel nie te vrees nie, wat hy ook teen u wil onderneem, want sodra u Jesus Christus aanroep om hulp, om Sy bystand, laat hy u vanself met rus, omdat hy die krag van die goddelike Naam ken en dit vrees. Wie egter op eie krag vertrou en glo om die hulp van die Christus nie nodig te hê nie, die bly ook aan homself oorgelaat en moet self die stryd teen die Satan aanbind. En hy sal die onderspit delf, want 'n swakke mens is nie teen sy krag opgewasse wat hy (Satan) ook van God ontvang het en wat hy nou op `n totaal verkeerde wyse gebruik nie.
Jesus Christus staan u mense altyd behulpsaam ter syde, maar u moet na Hom toe gaan en Hom vra om Sy liefde en barmhartigheid, u moet glo in Hom, dat Hy `n sterke oorwinnaar is van die Satan, dat Hy u dus kan help; en die hulp sal nie uitbly nie, Hy sal die vyand van die siele die toegang tot u belet, sodra u Hom sal erken as u Heer, sodra u uself aan Hom oorgee, sodat Hy u kan help. Want aan Sy mag is alles onderworpe en Hy is ook Heer oor die geestelike ryk van die bose, dus het die kragte van die duisternis geen mag oor u wie die goddelike Verlosser Jesus Christus om beskerming aanroep teen die bose nie. Beveel uself aan in Sy beskerming en Sy barmhartigheid, en Hy sal oor u waak.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205