Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

GOD SE BESKUTTING VIR DIE DRAERS VAN DIE LIG
B.D.8994 - 13 Junie 1965
Met die steun van alle goeie kragte het die werk ontstaan, en ook voortaan sal die ligwêreld deel daaraan hê, want dit gaan vir u mense om die belangrikste, om die waarheid, wat maar net van bo, uit die ryk van die waarheid kan kom.
Die ligwêreld doen ywerig haar bes om die duisternis, wat oor die aarde verspreid lê, te deurbreek en die mense van kennis in te lig wat slegs Ek alleen deur hulle na die aarde kan stuur, wat dit ononderbroke van My Self ontvang en deurgee aan liefdevolle mense wat hulleself vrywillig vir hierdie stroom van barmhartigheid oopstel.
Die laaste gebeure - die totale omvorming van die aardoppervlak, staan kort voor die deur en dit gee alle ligwesens aanleiding om ywerig werksaam te wees, sodat die waarheid ingang vind, sodat die waarheid aan hulle gebring kan word wat ernstig daarna verlang en dat almal wat haar ontvang, hulle self ook daarvoor instel en steeds weer probeer om aanhangers te wen.
En al is hulle kring ook baie klein, hulle gaan egter almal ryklik geseënd met geestelike goedere die Ryk hierna binne en kan van daar uit weer die mense deur middel van gedagtes onderrig, want wie eenmaal die waarheid besit, sy strewe sal altyd wees om haar ook aan hulle mee te deel wat nog in die duisternis van die gees voortlewe.
U almal wat My woord van bo ontvang, staan onder die besondere beskerming van die ligwesens, sodat u onbesorg u missie sal kan uitvoer, want u sal geen dag vroeër die tranedal verlaat voordat u u missie vervul het nie, ten behoewe waarvan u hierdie aarde mag betree, ook al kom dit vir u onwaarskynlik voor. Die groot geestelike nood in aanmerking geneem, hoef u nie bang te wees om te faal nie, al stel hulle My maar slegs selde ter beskikking, maar die wat homself egter vrywillig daarvoor aanbied om die waarheid deur te gee, sal deur My geseën wees, want Ek ook op aarde het Ek bereidwillige kragte nodig wat vir My besig moet wees.
Want al probeer My teenstander om hulle te verhinder, hy het geen mag oor diegene wat hulle wil heeltemal aan My gegee het nie, die wat bereid is om in My Wil werksaam te wees. Want hulle almal het weer sterk liggeeste om hulleself, wat hulle lei in hulle gedagtes en hulle ook steeds weer krag toevoer, want dit kom daarop aan om nog baie mense wakker te maak en geestelike brood aan hulle te bied, en saam `n suiwer, onbedorwe drank wat hulle lewe moet gee.
Waar Ek `n bron ontsluit het, daar moet u uself altyd lawe, waar Ek so duidelik werksaam is, sal u elke sorg kan laat vaar, want wie het sekerlik die mag daartoe om u lewe te verleng as net Ek, Wie u die lewe gegee het? En so moet u uself ook geen sorg maak om u mede arbeiders, wat, solank hulle vir My werk, waarlik niks beter kan doen as om saam te help aan die verspreiding van die waarheid. Hulle volle oortuiging, dat hulle maar net die waarheid versprei, maak hulle tot die bruikbaarste kragte, wat Ek waarlik nie vroeër van die aarde sal wegneem tot hulle hulle opgelegde arbeid volbring het nie.
En dit verseker Ek u steeds weer, dat u lewe in My Hand lê en dat u self ook sal kan weet dat u deur alle ligwesens beskerm word, want hulle voer slegs My Wil uit en hulle is steeds maar net daarop bedag, dat Ek die mense nog van die ondergang sal red, hulle wie hulleself wil laat red.
Elk menselewe lê in My Hand. En wanneer Ek die mense vooraf wegroep (van die aarde af) deur ongevalle en katastrofes van allerlei aard, weet Ek presies wie daar nog in die hiernamaals tot voltooiing kan kom en wie die toets nie deurstaan het in die lewe op aarde nie, en vir hulle almal het Ek verdere skole gereedgemaak om hulle tog eens vir My te wen, al kan daar nog ewige tye vergaan. Maar dit alles moet u mense maar net daaraan laat dink dat daar `n Mag bestaan aan Wie u willoos oorgelewer is en u sou moet probeer om die verbinding met Haar tot stand te bring, want slegs in die verbinding met My sal u ryp word op aarde en dan ook ontvanklik wees vir die suiwer waarheid

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205