Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE BEÏNVLOEDING VAN SWAK MENSE DEUR LAAGSTAANDE GEESTE
B.D. 543 - 13 Augustus 1938
In die nabyheid van die aarde, baie naby, hou die wêreld van die geeste hulle self oorwegend op, wat deur die duiwel se toedoen hulle te veel aan die materie gebind het en wat daarom nie in staat is om hulleself vry te maak van die begeerte na die goedere van die wêreld nie.
Daar word onafgebroke geworstel deur dergelike siele – hulle kan hulleself nie losmaak nie en vind wederom nie die vervulling van hulle begeertes nie en so probeer hulle voortdurend om hulleself Heer te maak van die wil van swak mense en verlei hulle dese om hulle kwellende begeertes uit te voer, en sodoende bring sulke geeste uitermatig baie skade in hulle omgewing aan die siele op aarde wat self al te veel tot sulke begeertes geneig is. Hulle sal steeds gevaar loop om deur sulke laagstaande kragte uit die geesteswêreld in beslag geneem te word, wanneer hulle hulleself nie inspan om hulle aandrifte en begeertes se baas te word nie, wat hulle wel kan, wanneer hulle maar net wil en hulleself die nodige krag verskaf deur die gebed, om weerstand te bied en hulle toevlug te neem tot die goeie geeste wat so 'n verlange maar graag wil vervul.
In die werksaamheid van die bose self, asook van die goeie geeste, is al te bemerk welke mag die wesens al eie is, en dat dit steeds aan die vrye wil van die mens oorgelaat is van watter mag hy gebruik wil maak. Die ergste gevaar vir die siel van die mens is die verlange na die wêreld en haar goedere. Hiervan maak die geeste met dieselfde aard baie goed gebruik van en die gevaar is steeds groter, hoe gewilliger die aardse mens daarop ingaan, tot hy ten slotte so verstrik raak in die boeie van sulke slegte wesens, dat hy homself nouliks daaruit kan losmaak en steeds kan net die goddelike barmhartigheid hom bystand verleen, as hy maar daarna verlang.
Hoe groot die gevare van die versoekinge vir die menslike siel ookal is, in gelyke mate is daar nogtans ook wesens teenwoordig wat tot hulp bereid is, die eie wil moet nou net eenmaal steeds werksaam wees om die verbinding met hulle te soek en dan sal hy ook nooit sonder bystand gelaat word nie.
Want die Goedheid en Liefde van die hemelse Vader sorg onafgebroke vir Sy skepsele en in `n kort tydjie kan hyself `n algehele verandering van so 'n mens wat smag na die wêreldse goedere, teweegbring; sodat die prag en die verganklike goedere van die wêreld geen indruk meer op hom maak nie, omdat die siel haarself nou gerig het op haar eintlike bestemming en van daardie oomblik af die nietigheid van die aardse wêreld insien. Dan is die invloed van die bose geeste ook baie gering, deurdat hulle die verset besef wat hulle vanuit dergelike kant gebied word. Daar kan steeds net `n sterk beïnvloeding plaasvind, waar die wil van die mens hulle tegemoet kom, egter nooit daar waar uit vrye wil teen sulke swakhede en begeertes gestry word nie.
So sal dan ook die geesteswêreld aan die anderkant kant altyd gepla word deur teenwerkinge en moet hulle ook self `n ryper insig daarin verkry en die nietigheid van die wêreld leer begryp, wat des te moeiliker is, hoe dieper hulle nog wegkwyn in die boeie van die materie; tog sal die uur van die verlossing ook vir hulle slaan, waartoe die mense op aarde oneindig baie kan bydra, wanneer hulle in die gees hierdie wesens steeds weer laat probeer om hulleself te laat indink hoe nietig en skadelik vir die siel alle aardse goedere is en hoe suksesvoller `n strewe na geestelike goedere vir die siel sal wees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205