Boek 2 - Aan die Boerevolk van Suid-Afrika, gekluister in nood
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27.

 

Die Heiland spreek op 25 Nov. 2007 om 05:33

“Daar kom `n tyd in elkeen se lewe wat hy `n keuse moet maak vir of teen MY en sy liefde vir MY gaan die deurslaggewende rol speel van sy keuse. Daar is díe onder julle wat MY werklik bo alles liefhet en vir hulle gaan die keuse maklik te make wees. Maar dan is daar ook díe onder julle wat MY nie werklik liefhet nie en sonder om te besef wat julle doen, gaan julle die verkeerde keuses maak.

Neem nou maar `n voorbeeld van twee seuns wat op reis gaan na hulle grootouers. Altwee is baie bly om weer `n kans te kry om weer `n bietjie te gaan kuier en pak met groot haas en spoed in. Dan kom hulle ouers by hulle en vra dat hulle net `n dag of twee bly, as hulle nie omgee nie, om met iets te help. Die een seun sê dat hy bereid is om te bly vir `n dag of twee en die ander seun pak dadelik sy tas uit en besluit om te bly, omdat sy ouers hom nodiger het. Hy is bereid om sy kuiertjie op te offer om sy ouers by te staan. Watter een het nou `n goeie keuse gemaak en watter een die slegte keuse? Altwee was bereid om hulle plesier uit te stel, maar een het eintlik die korrekte keuse gemaak wat sy ouers die beste sal baat.

So is dit ook met julle. EK gaan julle voor keuses stel wat vir julle baie moeilik gaan wees om te maak en julle gaan nie altyd weet watter een die beste is nie. Maar wanneer jy MY bo alles liefhet, sal jy die regte keuse oombliklik maak en deursien, omdat EK met MY Wysheid jou bystaan.

Julle almal moet besluit wat julle in die lewe wil hê en daarin is julle vry. EK mag geen dwang op julle uitoefen nie en dit is wat dit so moeilik maak vir My en MY engele wat julle moet oortuig om die regte keuses te maak. Dit gaan baie moeilike kwessies wees wat op julle weg gegooi word en julle sal baie leiding nodig hê om die regte ding te doen.

Dit sal so wees tydens die laaste geloofstryd op aarde en waar julle `n definitiewe keuse vir of teen MY sal moet maak. `n Felle stryd wat nog nooit op aarde sy gelyke gehad het nie. Julle almal sal moet geestelik groei om dit te kan deurstaan en dit is dan ook die ware rede dat EK weereens met julle probeer praat.

Die onder julle wat MY Woorde van liefde en versterking weggooi as niksseggend of dit weggooi omdat dit alreeds in die Bybel staan, gaan `n baie harder tyd as MY ander kinders tegemoet wat, nadat hulle hierdie nuwe openbaringe van MY gelees het, ten volle versterk is en met die swaard in die hand sal hulle vir MY kan veg, met MY krag, omdat hulle nou al mooi weet hóe om te werk te gaan. Maar julle wat kies om net die Bybel te lees, sal nog nie mooi weet wat om presies te doen nie, aangesien daar nie soveel versterking daaruit kom nie. Nie genoeg vir die komende stryd nie, in elk geval. Die Bybel was genoeg vir vorige geslagte en in tye wat julle beleef het wat sonder gevaar was, maar nou staar julle `n baie gevaarlike tyd in die oë en julle sál nie oorleef net met die kennis wat die Bybel julle gee nie. Dit sê EK, Die Allerhoogste aan julle, kleingelowiges wat nog steeds halsstarrig bly vasklou aan MY Woorde vir vorige geslagte.

Dit is dan ook waaroor die gelykenis van die 10 maagde gaan. Daar was vyf wat genoeg olie gehad het om hulle te dra in die tyd wat hulle moes wag op die bruidegom, en dan was daar die ander vyf wat ook genoeg olie gehad het vir `n kort tydjie, en op die mees kritieke tyd moes hulle besef dat hulle geen olie het nie en inderhaas moes hulle gaan soek, net om nêrens geholpe te kon raak nie. Wat het toe met hulle gebeur? Hulle is deur die bruidegom verwerp, omdat hulle te lui was, of te “wys” was om voor die tyd genoeg olie bymekaar te maak. Dit gaan die lot wees van almal wat nie nou MY Woorde van versterking wil aanneem nie en op die mees kritieke tyd (net soos die vyf onvoorbereide maagde), gaan hulle My Woorde van versterking nodig kry, en hulle gaan dan inderhaas soek na MY openbaringe, net om dit nêrens te vind nie.

Dit sal julle diep berou omdat Ek alreeds in die verlede gesê het aan MY ander skryfkneg, dat julle My nóú in julle binneste moet soek, sodat julle almal MY stem nóú kan hoor, omdat daar `n tyd gaan kom dat niemand behalwe MYNE wat MY binne hulle kan hoor, gered sal kan word nie. En dit sal julle eie skuld wees, net soos die vyf onvoorbereide maagde, omdat EK julle nóú roep en daar nog so `n klein rukkie tyd is om genoeg olie bymekaar te maak. Maar die eindtye is ook op hande en daarom roep EK julle nou weer uit die hoogte toe en nooi julle uit om julle oliekannetjies vol te kom maak voor dit te laat is. Die wat op MY roepstem ag gee, het niks om te vrees nie, maar julle wat nie wil nie, het net julleself te blameer as julle lampies doodgaan op die mees kritieke oomblik. Kom nóú na MY toe! Luister nóú na MY stem wat weer weerklink om julle te versterk. Sorg dat julle MY stem kan hoor, sodat EK julle presies kan sê wat om te doen. En wat meer is, in die tyd van nood en dood, beskryf in Maak en Breek*, sal EK die hele tyd hoorbaar wees aan elkeen wat hom kom versterk het met MY nuut aangebode Lewensbrood. EK sal met elkeen praat soos wat EK nóú met MY skryfknegte praat. EK wil met elkeen van julle nou praat en wag sodat julle vir MY die weg daarnatoe kan oopbaan. EK dwing niemand nie en daarom sal Ek julle ook nie dwing nie, maar MY roepstem weergalm oor die hele aarde, sodat MY kinders van oral oor na MY kan kom. (*MAAK EN BREEK - hierdie boekie kan bestel word by uitgewers)

Wanneer die geloofstryd gaan kom, sal daar nie meer tyd wees om te lees en te soek na MY Woorde, wat EK nou aan julle gee nie, omdat sekere toestande op die aarde gaan heers en julle dit nie met `n oog te siene gaan kry nie. Met leë hande en harte sal julle dan beswyk, omdat die Lewensbrood wat gedien het om julle te versterk, wat aangebied is aan julle deur MY skryfknegte, deur julle verwerp is. En waar sal julle dit dan weer vind om te eet?

Dit was dan ook die simboliese betekenis van die manna in die woestyn wat deur MY aan die Israeliete aangebied is. Dit val letterlik uit die hemel op julle neer en al wat julle nou moet doen, is om dit te gryp en te lees. Julle is nou in hierdie tyd, op die dag voor die Sabbat en net soos hulle op daardie dag `n dubbele porsie moes optel vir die Sabbat, moet julle ook nou `n dubbele porsie van MY openbaringe, wat ook manna is, eet sodat julle sterk kan wees wanneer daar geen manna uit die hemel op julle neerreën nie. Julle weet wat gebeur het met die manna nadat almal opgetel het. Dit het gesmelt en kon nie weer gevind word om later weer geëet te word nie. Dit is presies wat ook met MY openbaringe gaan gebeur. Nêrens sal geskrifte te vinde wees vir iemand om te lees nie.

Selfs díe wat dit nou lees, sal dit nie weer vind nie, maar hulle het dan hulle oliekannetjies alreeds daarmee gevul toe daar nog tyd was en sal daarom nie `n tekort aan MY Woord hê nie, wat hulle dan in daardie slegte tyd sal deurdra, omdat EK in MY volle glorie by hulle sal wees om die kannetjies vol te hou met MY Woorde van vertroosting wat Ek aan elkeen sal bring wanneer hy dit nodig het. EK sal sigbaar aan hulle verskyn, - die wat hulle kannetjies sonder ophou gevul het met MY olie (in die vorm van MY nuwe openbaringe) en hulle sal die stryd dan met alle krag van MY kan stry, sonder om uitgeput te raak, terwyl die wat net genoeg gehad het vir die goeie tye, sleg daarvan sal af kom.

Julle moet nou self besluit watter keuse julle sal maak. Kies julle om net die Bybel te lees, is dit goed genoeg vir nou en staar julle moeilike tye in die gesig. Maar die wat kies om hulleself versadig te maak met MY Lewensbrood, sal sterk wees tot op die einde en sal My wederkoms op die wolke sien. Wie het dan nou eintlik die goeie keuse gemaak? Julle moet maar self besluit.

Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205