Boek 2 - Aan die Boerevolk van Suid-Afrika, gekluister in nood
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27.

 

Deel 2

Profesieë vir die Boerevolk

Die Heiland spreek op 15 Nov 2007 om 23:12 met my:

Jahshua: "In MY groot alwysheid het EK geweet waarom EK na die aarde kom in `n mensgewaad. Dit is iets wat EK al besluit het, lank voor die grondlegging van die wêreld. Julle het regtig nie `n idee van wat al MY planne vir julle in die toekoms behels nie. Julle dink dit sal maar net wees soos die mense voor julle. Hulle het geleef en gesterwe en niks verder nie en nou is dit maar net julle beurt. Julle het in werklikheid `n baie groot verlossing wat op julle wag en vir julle wat glo, sal die beloning groot wees. Daar is buitengewone dinge wat binne enkele oomblikke op julle lewenspad gaan kom. Groot veranderinge is besig om plaas te vind. Dink net aan al die snaakse dinge wat skielik om julle plaasvind. Baie van díe dinge verstaan julle nie en dink dat dit maar toeval is en niks verder nie. Maar EK wil julle sê dat dit nie so is nie. Baie van MY mense wat gewag het op MY opstanding, het snaakse gebeurtenisse waargeneem en terwyl EK besig was met die grootste verlossingsdaad nóg, het daar snaakse dinge plaasgevind wat as bonatuurlik beskryf kan word.

Dit is wat nou aan die gang is by julle ook. Dit is waarom EK sê dat EK besig is om die volk wakker te maak. EK is die EEN wat klop en roep. EK is die EEN wat die “bonatuurlike” laat plaasvind. Dit is EK en niemand anders nie. Julle moet daarop ag gee, sodat julle tot lewe gewek kan word. Die mense wat op MY gewag het tydens MY opstanding, is met groot erns gevul en het absoluut geglo dat dit EK is wat die tekens aan hulle bring. Hulle was reg en is nie beskaam nie, want EK hét na hulle gekom na MY opstanding, na MY oorwinning oor die dood.

Dit gaan nou ook binnekort julle voorland wees om vernuwe te word en julle sal ook juig en bly wees, soos al die mense aan wie EK MY tekens gedoen het. Julle sal sien hoedat EK tussen julle inkom en MY Gees oor julle uitstort en julle tot vernuwing wek en julle versterk vir die komende geloofstryd.

Dit sal anders wees met julle as met julle voorgeslagte, omdat julle in die einde van tye leef en julle sal MY koms op die wolke sien. Aan almal wat alreeds `n teken van MY gesien het, al is dit hoe klein, wil EK net sê: Wees bly dat EK jou waardig ag om jou tot lewe te wek, omdat jy MY guns te beurt geval het. EK klop nie verniet nie en EK doen nie verniet `n teken aan julle nie. Dit is MY manier om julle aandag op MY almag te vestig, sodat julle nie sal twyfel aan MY mag nie. EK kan en sal alles doen wat EK maar wil en niemand sal MY vra wat EK doen nie, omdat EK die EEN is wat maak en breek.

Julle is MY diensknegte en die knegte moet wakker gemaak word, voordat hulle `n belangrike taak moet verrig en daarom moet julle weet dat daar iets nuuts aan die kom is. Dit moet julle verheug en dit moet julle blydskap wees, dat EK `n nuwe ding gaan doen in Sion en julle sal dit aanskou, met julle eie oë sal julle dit sien, dat EK weer MY beloftes soos altyd gestand doen. So, wees gewaarsku, die tyd is nie meer ver nie en julle moet julle aan MY gee, sodat julle deel kan wees van die nuwe blydskap wat EK gaan bring.

Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205