Boek 2 - Aan die Boerevolk van Suid-Afrika, gekluister in nood
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27.

 

DEEL 3

`n Profesie aan My volk, gekluister in nood:

Ontvang van ons Heiland op 21 April 2009 deur Nalize Roets:

Die uur vir bevryding het gekom. Dit sal nie langer uitbly nie. Die uur waarin Ek roep en almal wat gehoor gee met liefde antwoord, is hier. As jy My met liefde geantwoord het, wil Ek jou ook ken en sal jy My stem in jou binneste herken. Jou Almagtige Vader roep: Keer jou in oorgawe tot Hom dat Sy Wil aan jou bekend raak en jy jouself só suiwer voor Hom. Amein.

My Volk, waarom wil jy die lang pad tot vereniging met My stap as die maklike Weg van Liefde nog altyd in jou Bybel geskryf was? Lees jou Bybel en bid heeldag deur jou dade volgens die Liefdeswil van jou Maker te vorm. Hy sal jou gee wat jy nodig het om Geestelik sterk te word in Sy Wil. Op daardie manier raak jy alles deelagtig wat hemels en glorieryk genoem is. Die seën van die aarde sal jou deel wees as jy jou nou bekeer tot Liefde teenoor My, die Allerhoogste, en Liefde tot jou naaste. Volg die gewete en jy sal die nou Weg daardeur ontsluit. Hierdie Weg is dié van Lig, Lewe en Liefde in My. Amein.

My Volk, rig jou op uit die stof deur die Barmhartigheid aan jou bewys, aan ander ook te gee. Alle lewendes is in nood van barmhartigheid. Wees jý die eerste om dit toe te pas – binne die riglyne van die Wet. Amein.

Die eerste Woorde van My aan julle is: Haal jou Bybel uit en lees die twaalf gebooie soos wat Ek dit bedoel het: Liefde teenoor My en Liefde teenoor jou volksgenoot as naaste. Wees jy die eerste om die Liefde toe te pas – só betoon jy Liefde aan jouself.

Die tweede Woord aan jou: Wend jouself innerlik tot My en Ek sal jou die Lewe openbaar. Laat die Wette wat dan op jou hart gegraveer is, deur die wolkkolom in Lig, jou veilige vesting wees. Die Stem wat jou in al jou weë herinner aan die ware en korrekte, is My Gees wat aan jou jou allerheiligste geloofsterrein in jouself sal openbaar. Laat My Liefde jou hierin lei.

Die derde Woord van My aan jou: Verdeemoedig jouself voor jou naaste. Keer in stilte tot nederigheid in jou hart en laat jou tyd My tyd wees wanneer jou naaste hulp nodig het. Gee Mý tyd sonder mate, aan jou naaste, met die Krag en Liefde wat Ek deur jou laat werk. Open jou hart tot My dat jou naaste geen hoogmoed, wrewel of ontsteltenis by jou bemerk nie, alleen My Woord van Liefde. Amein.

Hierdie drie woorde is jou geheim tot Menswording. Laat die geheim My en jou skat bly in elke situasie wat jy beleef, sodat jy ook al jou sorge, klagtes en waarnemings oor ander se swakhede net met My kom deel. Laat dit jou aanspoor tot voortdurende gebed om My sorg en Barmhartigheid op ander af te bid. Amein.

In hierdie skrywe het Ek, Jahshua, jou uitgenooi om My te volg, om die ware innerlike Weg tot Lewe te begin stap en om die kosbaarheid van My Skepping in en om jou te leer bemin – daarin lê jou vermoë om waardig te heers.

Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205