Boek 2 - Aan die Boerevolk van Suid-Afrika, gekluister in nood
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27.

 

Die Heiland spreek op 7 Jan. 2008 om 6.44

“EK is die weg en die waarheid en die lewe en die een wat MY sy weg, waarheid en lewe maak, sal nie nodig hê om iets te vrees nie. EK sal daardie vrees van hom af wegneem as hy MY daarom kom vra.

In die tuin van Getsemané, waar EK tot MY Vader gebid het dat hierdie beker by MY verby kan gaan, het EK ook in doodsangs en benoudheid verkeer en MY groot benoudheid was omdat EK die skeiding met MY Vader gevrees het. Dit was nie die dood wat MY bang gemaak het nie. EK was nooit bang vir die dood nie. EK het dan dooies uit die grafte tevoorskyn gebring en hulle het springlewendig tussen MY ander diensknegte rondgeloop. Waarom sou EK dan die dood gevrees het?

Maar die skeiding met MY Vader was iets wat EK vir niemand kon beskryf nie. Om geskei te word van MY Liefde was amper een teveel vir MY en daarom het EK in doodsangs bloed gesweet en trane gestort. MY kinders, EK het klaar vir julle daardie las ook gedra en julle sal nooit van MY geskei hoef te word nie. Nie die sonde, hel of dood kan julle van MY skei nie. Kom bely jou sonde dadelik aan MY en EK sal jou vergewe, sonder dat jy eers een sekonde van MY geskei hoef te wees. Gaan jy deur die diepste hel, sal jy nie van MY geskei wees nie, omdat EK die hel al lankal oorwin het.

Vrees nie die skeiding in die dood nie, omdat EK Self jou siel uit jou liggaam sal kom haal op die regte tyd en jy jou dan dadelik in MY arms sal bevind. Daar is nie iets soos `n tyd wat jy alleen in die duisternis hoef te sit en versmag wanneer jy MY as jou Verlosser aangeneem het nie. Die duisternis is vir die wat na die duisternis op aarde verlang en wat hulle deel in die duisternis het. Die duisternis op aarde is die geldmag en enige weg wat nie na MY lei nie. Dit is hulle wat in die duisternis sal beswyk omdat hulle heil altyd by die dooie duister dinge op aarde was.

Maar julle wat MY liefhet, al is dit net `n klein bietjie, het niks om te vrees nie, omdat EK julle dadelik met lig sal omstraal en jy nie jou weg deur duisternis hoef te baan nie. Kom net na MY en EK sal jou help en jou dra deur al die dinge wat nog vir jou te swaar lyk. EK sal jou met las en al optel en jou dra na veiligheid waar jy die hele tyd by MY kan wees. Dit is `n belofte aan almal wat bang is vir die duisternis na die dood.

Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205