Boek 2 - Aan die Boerevolk van Suid-Afrika, gekluister in nood
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27.

 

Deel 6

`n Wedergebore Volk lewe

Alhoewel direkte Skrif oor die wedergeboorte aan die einde van die tyd nie direk voorkom in die Bybel nie, is dit wel in verhulde vorm aan ons deurgegee. Ons sal onsself net moet instel om ook die geestelike inhoud van die Skrif waar te neem. So het elke vleeslike opdrag en wet in die Skrif ook `n geestelike inhoud. God is Gees, daarom is Sy Woord eerstens Gees en daarna vlees. Die vlees is altyd net `n afbeelding van die Gees, alhoewel ook geldig.

Laat ons dan nou die Verbond wat JaHWeH met Abraham gesluit het, geestelik beskou, want ons weet nou dat die ewige Kanaän waarheen ons gaan, die Koninkryk van die Hemele is, of anders gestel, die wedergeboorte. Daarom moet hierdie heiligmakende Verbond met Abraham ook geestelik beskou word. Let wel, geagte leser, ons skiet nie hiermee die vleeslike inhoud van die Verbond af nie, dit is egter nie nou vir ons argument ter sake nie. Die verbond met Abraham is as volg: (Alle verdere aanhalings uit die Boek van Herinnering, `n direkte vertaling uit die Hebreeuse teks)

Gen 17:1 TOE Abram nege-en-negentig jaar oud was, het JaHWeH aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is El die Almagtige; wandel voor My Aangesig, en wees rassuiwer.

Gen 17:7 En Ek sal My Verbond oprig tussen My en jou en jou saad na jou in hulle geslagte as 'n ewigdurende Verbond, om vir jou 'n Elohim te wees en vir jou saad ná jou. [Levítikus_26:9,_42] [Psalm_105]

Gen 17:8 En Ek sal aan jou en jou saad ná jou die Aarde van jou vreemdelingskap gee, die hele Aarde van Kanaän, as 'n ewige besitting; en Ek sal vir hulle 'n Elohim wees.

Gen 17:9 Verder het Elohim aan Abraham gesê: Maar jy moet My Verbond hou, jy en jou saad ná jou, in julle geslagte.

Gen 17:10 Dit is My Verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou saad ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word

Hier word Abraham en sy saad, dus ek en jy as sy nageslag op vleeslike vlak, versoek om geestelik “rassuiwer” te wandel, dus om onsself heilig te hou in die gees. Die geestelike saad in ons, is die goddelike Gees wat in ons geplaas is. Die Verbond word dus op geestelike vlak met hierdie Gees in ons, oftewel die goddelike in ons gesluit. Dit is dus `n opdrag om onsself heeltemal af te sonder of apart te hou van die vleeslike, oftewel die wêreldse dinge af en om ons slegs besig te hou met die geestelike dinge. As ons dit doen, is ons besig met heiligmaking in onsself en word die hemelse Kanaän ons deel vir ewig. Die besnydenis in die vlees verwys tog duidelik die besnydenis van die gees in die hart. Dit is `n verdere bevestiging van die aanvanklike opdrag van geestelike “rassuiwer­heid”. Hierdie Verbond met Abraham en sy saad is `n ewige Verbond en is geldig vir `n duisend geslagte (Psalm 105:8)!

Wie is nou hierdie fisiese saad, wat die geestelike saad in hulle dra, waarmee hierdie Verbond gesluit is? Waar bevind hierdie saad hulle vandag? Dit is tog logies om af te lei dat JaHWeH weer aan die einde van die tyd met hierdie saad sou praat en Sy Verbond van die wedergeboorte sal bevestig. Met die moderne tegnologie van elektroniese kommunikasie, sal dit dus nie moeilik wees om uit te vind met wie JaHWeH praat oor hierdie onderwerp nie. Elke ware geloofsgroep in die wêreld het maar die neiging in hulle om goddelike openbarings aan mede-gelowiges te versprei.

Volgens my wete, na meer as drie jaar se deeglike ondersoek deur vele, is dit slegs in Suid-Afrika waar hierdie kennis van bo gegee is gedurende die laaste twee jaar, en wel aan profete en skryfknegte in die Boerevolk. Hierdie profesieë wat gegee is, het juis die geestelike rassuiwerheid en hartsbesnydenis in detail verduidelik, sodat die pad van die wedergeboorte van die Gees nou aan ons bekend is. Hierdie reeks boekies se doel is dan juis dit en u sal talle diktate van JaHshua hierin vind. Dit is egter nie goed genoeg om nou te beweer dat ons volk geroepe is, op grond van die feit dat die wedergeboorte-inligting nou aan ons geopenbaar is nie, ons moet na bewyse in die Woord gaan soek dat ons volkie wel uitverkies is om aan die einde van die tyd hierdie belangrike taak te vervul. Let wel dat ek nie hiermee bedoel dat die Boerevolk die ENIGSTE uitverkore volk is nie, maar dat ons volk uitverkies is om `n baie belangrike taak aan die eindtyd te vervul, naamlik om as gasheer op te tree vir die saad van Abraham wat verstrooi is oor die hele aarde.

Om hierdie begrip te verstaan, is dit nodig om te weet wat die Bybel hierdie eindtydoorblyfsel noem, sodat ons na die verse kan gaan kyk waar hierdie naam voorkom. Die oorblyfseltjie van die eens magtige Israelvolk word genoem, “Dogter van Sion”. Dit verwys hoofsaaklik na die deel van die volk wat geestelik getrou gebly het aan hulle Skepper, dit wil sê, hulle wat nog binne die heiligmakende Verbond van Abraham is. Hierdie volkie, die Dogter van Sion, moes deur baie loutering gaan en in Jesaja 1 sien ons die volgende:

Jes 1:7 Julle Aarde is 'n verlatenheid, julle stede is met vuur verbrand, verbasterdes verteer julle Adamah [die_adamiet_se_Aarde] in jul teenwoordigheid, sy is verwoes en omvergegooi deur verbasterdes .

Jes 1:8 En die Dogter van Sion het oorgebly soos 'n skermpie in 'n Wingerd, soos 'n slaapplekkie in 'n komkommertuin, soos 'n beleërde dorpie.

Geestelik gesien is die Aarde/Adamah, die siele van die volk, wat nie meer geestelik “rassuiwer” is nie, maar verbaster het met die wêreldse gemors, maar tog het `n klein klompie suiwer gebly. Die stede, geestelike vestings, soos kerke en kweekskole, is met die vuur (valsheid en boosheid) verwoes. Tog skuil die Dogter van Sion by `n beleërde leerstelling (dorpie) van JaHshua. Hierdie beleërde dorpie, skermpie of slaapplekkie is die liefdesleer van ons Verlosser, JaHshua en word genoem die “berg Sion”. Die berg stel die hoogste geestelike vlak voor wat deur die mens op aarde bereik kan word, naamlik die geestelike wedergeboorte. Dit is ook die ewige Kanaän wat ingegaan word. Die geestelike weder­geboorte vind plaas wanneer jou siel (bruid of Wysheid) verenig met jou gees (JaHshua as ewige Liefde) in jouself. Hierdie volkome eenwording het die geboorte van die kind (die Krag) tot gevolg. Wanneer al drie hierdie entiteite volledig in jou werksaam word, is jy in jouself `n goddelike wese, - JaHshua in jou en jy in JaHshua. Jy word dan `n Dogter van Sion, oftewel `n bruid van JaHshua.

Verder gaan hierdie eenwording op `n spesifieke geografiese gebied op aarde plaasvind en alle voornemende wedergeborenes sal hulleself daar moet aansluit om die wedergeboorte te kry. Om hierdie volkie se geografiese posisie aan die eindtyd vas te stel, moet ons na Jesaja 18 en Sefanja 3 gaan kyk.

Jes 18:1 WEE die Aarde wat beskermde Vleuels [gehad_het], wat oorkant die riviere van Kuwsh lê; [Psalm_61:4] [TsefánJaH_3:10]

Jes 18:2 waarheen boodskappers in ligte skuite van oor die waters aankom: waarheen kom van oor die groot water, haastige gesante, na die hoogs gelowige nasie met die blink [ligte] vel, die oral gehate volk, die nasie gewoond om verdruk te word, wie se Aarde deur moeras-riviere afgesny word.

Kush is Etiopië en die profeet wat in die Noorde in Israel was, het “oorkant” as Suid gesien, dus `n land Suid van die groot riviere van midde-Afrika. Watter gelowige volk, gehate en verdrukte volk met `n ligte vel anders as hierdie Boerevolk van ons word hier beskryf? Dan gaan die profeet Jesaja verder en bevestig dat hierdie volk, die Boerevolk aan die einde van die tyd sal wees by die Berg van Sion, die plek waar die wedergeboorte sal plaasvind. 

Jes 18:7 In dié tyd sal aan JaHWeH van die skeppings-leërmagte die eerbewys gebring word van die hoogs gelowige volk met die blink [ligte] vel, die oral gehate volk, die nasie gewoond om verdruk te word, wie se Aarde deur moeras-riviere afgesny word, na die plek van die Naam van JaHWeH van die skeppings-leërmagte, die Berg van Sion.

Ook sien ons dieselfde in Sefanja 3, naamlik dat hierdie beproefde en behoeftige volk, die Dogter van Sion, wat Suid van die riviere van Etiopië woon, aan die einde van die dae `n bydrae vir JaHWeH sal bring. Wat anders kan ons die Skepper bring as ons rein harte, sodat hy ons die volle wedergeboorte kan skenk? Dan erf ons die aarde van Kanaän, die ewige Koninkryk van die Hemel!

Sef 3:8 Daarom, verwag My, spreek JaHWeH, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want Hy is My Reg om nasies te versamel, .....

Sef 3:10 Van oorkant die riviere van Kuwsh [Ethiopië] vandaan sal My blye aanbidders, die Dogter van My Verstrooide, My bydrae bring. [JeshaJaH_18:1] [Maleagi_3:16]

Sef 3:12 En Ek sal tussen jou in laat oorbly 'n beproefde en behoeftige volk wat in die Naam van JaHWeH skuiling soek. [Psalm_22:26]

Sef 3:14 Sing met Blydskap, o Dogter van Sion, skreeu, o JisraEl, verheug jou!, en verhef [lof/sang] uit die hele hart, o Dogter van Jerusalem!

Ons kan maar net na ons ou volkie se geskiedenis gaan kyk, hoe hulle in Europa verguis was deur die Roomse kerk en op houtskuite na die Kaap gevlug het met hulle Bybels en hul geloof in JaHshua. Daarna is hulle deur die Engelse se swart ommegang beleid vanuit die Kaap verjaag na die Oosgrens, en vandaar die onbekende binneland in, met ossewaens met hul Bybels in die wakis, en die vaste geloof in hul hart, net om maar weer te staan te kom teen die volgende vyand, die moordlustige swart massas. Nadat die land skoongemaak is, val die Engelse ons Boere-republieke in, ontneem die Boerevolk weer van hul grond en uiteindelik kry die vyand dit in 1994 reg om hierdie gehate, beproefde en behoeftige Boerevolk volledig oor te gee aan `n swart kommunistiese regering.

Maar helaas, - wat by die wêreld verag word, is geliefd by God. Sy hand het Hy nooit van Sy ou volkie hier aan die Suidpunt van Afrika gelig nie. `n Pragtige bevestiging van waar die wederkoms sal plaasvind, vind ons in die boek van Henog 77:1.

77:1 DIE eerste kwartier word die Ooste genoem, omdat dit eerste is: en die tweede, die Suide, want die Hoogste El (God) sal daar neerdaal, ja, daar in `n besonder spesiale sin sal Hy wat vir ewig geseën is vir ewig neerdaal.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205