DIE ONTWAKING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 1

21 Feb.2008  06:57

“In die hemel is Jahweh, en SY glans is soos kristal, HY’s die heilige van Israel en HY heers oor die heelal. Daar is mag in SY woord, soos die waters druis SY stem, soos die son op die see se blou, so die rykdom van SY trou. En aan U is die mag en die heerlikheid en krag, en aan U is die lof en die eer want U regeer!”  

 MY lied, word elke oggend en elke aand deur MY knegte aan MY gesing. Die gesang vervul MY wese met liefde en vreugde. EK woon onder die lofgesange in julle harte en daarom spoor EK julle aan om vir MY te sing want dan vind daar iets in jou hart plaas wat andersins nie gebeur nie. Daar vind ‘n reaksie en ‘n herkenning in jou hart plaas wat jou nader aan MY bring. Maar wanneer lofgesange net gesing word omdat dit so gedoen moet word en omdat die “erediens”dit so vereis, is dit vir MY ‘n gruwel in MY oë. Dit laat MY ore toegaan en EK kan nie die reuk daarvan verdra nie. Dit is ‘n walging in MY neusgate en EK draai dan MY aangesig daarvan weg en hoor ook geen gebede wat in dieselfde trant gebid word nie. MY kinders, hoeveel maal moet EK nog vir julle sê dat julle alles uit julle harte moet doen?  Wanneer julle alles, tot ‘n glimlag, uit julle harte uit doen, word dit dan deur MY raakgesien en EK kan julle daarvoor beloon. Sing daarom vir MY ‘n loflied uit jou hart  sodat EK genot daaruit kan put. MY kinders, die seëninge wat EK vir julle berei is onuitputlik, en as julle weet wat dit is, sal julle elke oomblik vir MY uit julle harte uit sing. EK sal vir julle ‘n lied in die hart terugsit en julle sal die hele dag vrolik en bly deurgaan. Die grootste seëninge sal op julle wag wanneer julle eens in MY koninkryk instap, maar selfs nou op hierdie aarde sal die seëninge nie uitbly nie omdat EK almal wat MY waarlik liefhet en uit sy hart uit prys, sal seën met alles wat hy nodig het en nog meer. Julle weet nie wat julle aan MY doen wanneer julle MY iets uit die diepte van julle harte aanbied nie. Kyk na ‘n ouer van ‘n klein kindjie. Wanneer daardie kindjie iets moois doen vir die ouer, versag sy hart oombliklik en hy tel sy kind op en vertroetel hom. Dadelik sal hy dan gaan kyk wat hy vir die kindjie kan gee waarvan die kindjie hou. Is EK nie die grootste Vader nie? As julle weet om dit aan julle kinders te doen, sal EK tog sekerlik van nóg beter weet,of hoe? Sing vir MY ‘n lied uit jou hart en jy sal alle seëninge van MY ontvang. Al MY liefde is vir julle , MY kinders.

Amen


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205