DIE ONTWAKING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 7

24 Feb.2008  07:04

Die leeu van Juda is nog lank nie verslaan nie en EK sal MY leeuwyfie gebruik om dit te bewys. MY leeuwyfie sal uitgaan op MY bevel en die koningin van Engeland verslaan sodat die ware Leeu van Juda weer sal regeer. Dit sal alles vir julle nou nog ‘n raaisel bly en julle sal nie weet wie die leeuwyfie is voor die regte tyd aangebreek het nie. EK sal baie van die ongelowiges so laat gelowig word omdat dit net deur MY eie krag sal geskied en niemand haar sal kan keer nie. Selfs nie eers die beste sekuriteit nie. MY leeuwyfie sal deur alles storm en sy sal verwoesting saai omdat EK haar stuur. Glo net MY woorde en luister na MY Stem wat weereens na baie jare met julle Self praat. EK het dit goedgedink om nou eers weer nuwe openbaringe die lig te laat sien omdat Ek weet hoe naby die einde van alles is. MY kinders, julle moet glo, sodat julle harte kan ontwaak en julle nie onkant gevang word deur dit alles nie. EK sal MY GEES oor die uitgiet, wat MY woord aanneem asof dit EK is wat hier reg voor jou staan, en daarom vra EK julle om te luister, want in der waarheid staan EK hier reg voor jou. EK weet van alles wat daar teen MY knegte regoor die land beplan word en dit behels nie net die oorneem van alles en die uitmoor van die blankes nie. Nee, dit behels die volle uitwissing van MY Leeu van Juda. MY kinders, julle wat MY Juda is, wil EK net weereens verseker daarvan dat EK julle beskerm en bewaar en dat EK julle, namate julle geestes oë geopen is, sal inlig en dinge wys wat rondom julle gebeur. MY skryfkneg wat nou hier skryf is gisteraand ook so deur die bose aangeval en EK het aan haar en haar gesin baie dinge gewys wat hier rondom hulle huis is. Met afgryse het sy daarna gekyk en dit amper nie geglo nie. Die feit dat sy dit afgemaak het as haar verbeelding het haar toe ‘n baie deurmekaar nag gekos en haar baba is kwaai deur die bose aangeval, terwyl hy geskreeu het van oorpyn. EK het egter aan haar gesê om niks in sy oortjies te gooi nie en hy het verwoed gelê en skreeu terwyl sy alles gedoen het wat EK haar beveel het. Niks wou help nie en selfs nadat sy self gesien het hoedat EK die bose van hom af wegjaag, het hy nog steeds geskree, al het sy hom probeer rustig maak en sus. Later het sy haar seun gaan wakker maak en aan hom gevra dat hy MY moes vra wat sy moes doen met die baba. Hy het aan haar alles gesê wat sy alreeds gedoen het deur MY bevel en nog steeds het die baba gehuil. Dit klink vir julle wreed dat die arme baba daaronder moes ly, maar sy het baie sleg gevoel en kon dit nie verdra dat hy so seer moes hê nie en het MY gesmeek om haar te help. Daarna het EK aan haar getoon hoedat die demone om háár sit en haar uitlag omdat sy vroeër die aand gedink het dat sy net dinge uitdink wat EK aan haar gewys het. Die demone het haar aangeval weens haar ongeloof en daardeur die arme baba laat skreeu. Nadat sy besef het wat aangaan, het sy MY omvergifnis gevra omdat sy nie geglo het nie, en ook omdat sy iemand anders gaan vra het wat sy moes doen. EK het begrip daarvoor en verstaan dat sy maar net ‘n mens is, maar nou het sy geleer en sal in die vervolg glo wat EK haar sê en wys. MY kinders, nadat sy haar sonde bely het, het die baba wonderbaarlik opgehou met huil asof daar nog nooit iets fout was nie. So sal EK met elkeen van julle werk en julle dinge leer en al julle foute regmaak. Die fout wat sy gehad het, sal sy nou nooit weer maak nie omdat sy ‘n duur les geleer het, en met hartseer het sy MY gevra waarom sy so hard gestraf moes word en waarom EK haar so lank gelos het voordat EK haar die waarheid vertel het. EK het aan haar gesê dat julle ook soms julle kinders waarsku en hulle dan los om self te voel, nadat hulle herhaaldelike kere van die nadele daarvan vertel is. Net so werk EK met julle en op daardie manier help EK julle reg en elke fout sal so uitgestryk word. MY kinders, dink nie dat EK nie uit liefde so met julle werk nie, dit is juis omdat Ek julle liefhet dat julle so duur moet betaal vir julle foute. Daar is egter baie kere dat EK julle nie so iets laat deurgaan nie en julle sommer dadelik op die regte spoor help, maar met sekere dinge kan EK dit nie doen en moet julle op die harde manier leer. Dink bietjie hieroor na en sien MY liefde vir julle agter dit raak. Daar sal baie van julle wees wat dieselfde ding al deurgemaak het en wat nie sal kan verstaan waarom jy so hard moes leer nie, maar jy sal nooit weer in daardie strik trap nie en sal lugtig wees vir enigiets wat soortgelyk is. Julle weet nie hoedat die bose om julle lê en loer nie, en EK wil julle leer dat hulle nie julle speelmaats is nie. EK het al MY skryfkneg baie keer tussen die demone ingestuur en sy het heelhuids aan die anderkant uitgekom, maar dit is wanner sy heeltemal glo. Gisteraand het sy egter getwyfel in dit alles wat EK haar gewys het en daarom het dit so gegaan. Die demone het oombliklik haar vertwyfeling raakgesien en die meeste daarvan gemaak. Hulle kan alles sien omdat hulle in die gees is en julle in die vlees, maar wees nie bang vir hulle nie, glo net dat hulle werklik bestaan en daar is. Wanneer julle aan hulle bestaan twyfel, maak julle vir hulle die weg oop om binne julle gebied in te kom en dan gebeur sulke dinge soos wat dit met MY skryfkneg die geval was. MY kinders, glo wat EK vir julle vertel en let op na jou binneste en smoor enige ongeloof dadelik want die demone sal dit uitbuit. Dit sê EK vir julle in alle liefde en belowe julle nog steeds MY beskerming, al is julle ongelowig. EK sal julle deur alles dra en julle sal nie deur hulle dood gemaak word nie, EK is met julle en ken al julle swakhede. Vertrou net op MY, wat nooit vir julle sal lieg of storietjies sal vertel net vir MY plesier nie. Amen

 

(Vader het my en my seuns  gisteraand nege-uur om die huis laat loop en aan ons allerhande dinge gewys. HY het gesê dat daar swartes was wat ons wou aanval en dat ons om die huis moes loop en die bose bestraf. HY het dinge aan ons gewys, soos wolwe en slange en ek het begin dink dat Vader ons dalk net toets om te sien of ons werklik in die donkerte alleen sal stap aangesien HY ons beveel het om by die hek te wag terwyl elkeen van ons ‘n beurt kry om alleen om die huis te stap. Ek het gedink dat daar nie regtig dinge om ons was nie en dat dit net Vader se manier was om te sien of ons dit sal doen. Die dinge wat ons gesien het, was goed soos wolwe, slange, hekse ensovoorts. Ons moes al in die verlede ook so om die huis stap op Vader se bevel en HY het toe ook dinge aan MY gewys. Gisteraand het ek begin dink dat dit alles dalk net spoke is wat ons sien, soos kinders wat dinge opdis vir die opwinding daarvan. Maar ek het baie geleer hieruit en kan vir julle sê dat die demone my uitgelag het. Later het Vader my gewys hoe hulle agter my sit en lag en dan sê hulle vir my”jy glo mos nie dat ons bestaan nie, ha-ha- ha!” Toe sê Vader dat ek hulle moes bestraf in SY Naam en direk nadat hulle die wyk geneem het, het my baba opgehou met huil asof daar niks fout was nie. Ek het ook nie vir hom medisyne gegee nie. Ek het nie besef dat die geestelike oorlogvoering so erg was nie en het nie gedink hulle sal ons amper elke aand aanval nie. Dit was die grootste fout wat ek begaan het en het nou deeglik geleer, ek is net jammer dat my arme babatjie die pyn van sy ma se sonde moes dra. Glo as Vader sê jy word aangeval deur die bose en moenie twyfel nie, al gebeur dit elke tweede aand. Ek het gedink dat dit nou ‘n bietjie erg raak aangesien dit al baie gebeur het en dat ek nou mal raak of goed uitdink, maar Vader het dit aan MY kind ook gewys. Vader het ook vir my gesê:”Glo julle kinders as hulle sê dat hulle goed sien, want EK wys dit vir hulle!” Groete Louise)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205