DIE ONTWAKING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 18

2008.03.01   08:04

 

Vandag is ‘n dag waarop julle MY moet loof en prys vir die wonderlike verlossing wat EK teweeg gebring het. EK het nog ‘n siel van MY uit die hande van die bose bevry en daarom moet julle sing en bly wees en nie bang wees vir die bose nie. MY liewe seuns en dogters, wees opgewek en vrolik in MY, julle Verlosser en Vader. ‘n Kind van MY sal EK nooit los om te vergaan nie en al moet EK geweld gebruik om die bose se spel te verbreek, sal EK dit doen. Nooit sal EK iemand met geweld benader en hom seermaak nie, maar die bose sal altyd met geweld bestry moet word omdat hulle nie verstaan as jy hulle mooi vra nie. Die geweld waarvan EK praat is nie fisiese geweld en pyn nie, maar MY liefde is dit wat die bose sal verslaan. MY liefde kan nie die bose hulle sin gee nie. MY liefde wil die bose omgooi sodat hulle nie MY kinders kan vashou nie. MY sagte tere liefde sal die bose smoor sodat hulle nie hulle werk van vernietiging kan voortsit nie. Glo dat MY liefde binne elkeen van julle is en leer hoe om die bose daarmee te beveg. Dit sê nie dat julle die bose moet omhels nie. Dit sê ook nie dat julle die duiwel by die hand moet vat nie. Dit beteken dat julle MY siele met liefde moet hanteer en die bose moet haat. Hanteer MY siele met liefde en die bose sal dan wyk omdat hulle niks van liefde hou nie. Wanneer jy die mens wat bevry moet word met sagte liefde hanteer, sal die bose vlug omdat hulle MY vrees en EK is liefde, daarom moet julle ook nie onder mekaar baklei nie en moenie bekommerd wees as die een verkeerde dinge doen nie. EK sal dit met MY liefde kom regmaak. Wanneer jy sien dat iemand in MY oë verkeerd handel, moet jy hom met nog groter liefde behandel as die een wat alreeds vol van MY liefde is en nie die teendeel nie. Julle is geneig om die een wat aan jou goed doen met baie liefde te oorlaai en die een wat nog in die boosheid is, met minder liefde te begroet. Die een wat nog onder die verkeerde invloed is, is die een wat die eintlike liefde nodig het omdat hy dan verlos sal word van die bose daardeur. MY kinders, wees net geduldig, al word jy sleg behandel en jy sal later sien hoe die bose van die een wyk wat jou sleg behandel deurdat jy hom met MY liefde oorlaai. As julle in die geesteswêreld kon sien, sou julle gesien het hoe die bose weghardloop van MY liefde en julle sou met meer moed julle naaste genader het. Wanneer julle dan so vol is van MY liefde, sal julle alle krag ook hê omdat EK krag is. MY krag van MY liefde sal dan ook die mens van die bose bevry. Dit sê EK vir julle sodat julle weereens moet leer hoe belangrik die liefde is. Gaan vandag na die een wat jou sleg behandel en stort MY liefde wat binne jou is op hom of haar uit en jy sal die verskil sommer gou sien. Die liefde is MY krag en dit word altyd deur die bose afgemaak as swakheid en almal wat liefdevol is word ook so deur die mense as ‘n swakkeling behandel, maar EK sê vir julle dat dit reeds die liefdevolle mens is, wat MY krag in hom het. Kyk maar na ‘n sagmoedige mens. Dit is hoe Ek op aarde was en die bose het hulle Moses met MY teëgekom, al het hulle aan die begin gedink dat EK sommer iemand was waarop hulle kon trap. Luister nou na MY en doen soos wat EK sê en julle sal met MY liefde gevul wees en alle krag tot julle beskikking hê. Dit sê die Almagtige van hemel en aarde aan julle sodat julle kan weet waar MY almag vandaan kom.

Amen.  


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205