DIE ONTWAKING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 5

23 Feb.2008  06:56

MY veldkombuis sal tot elkeen se beskikking wees in die tyd van hongersnood. Daar sal ‘n besliste broodgebrek in julle land wees binnekort, maar die wat MY vrees het mos niks om te vrees nie, nê? Nee, daar is niks om te vrees nie omdat EK sal voorsien aan diegene wat MY werklik liefhet. As daar van die mense is wat hulle by MYNE kom skaar net om voordeel uit MY te trek, en hulle harte is nie by MY nie, sal hulle niks hiervan verstaan nie en hulle sal ook nie sien wat julle eet nie. Hulle oë sal toegehou word en met koppe wat geskud word, sal hulle weer weggaan omdat hulle dink julle is mal. EK sal vir julle geestelike voedsel van Bo af laat val en die wat dit eet, sal dan ook versadig word daardeur. Met ander woorde, die wat MY Geestelike voedsel met smaak eet, sal ook van vleeslike voedsel voorsien word. Die wat MY Geestelike voedsel nie eet nie, sal dan ook nie MY vleeslike voedsel vanuit die hemele kan sien nie, al lê dit lewensgroot voor hulle en hulle sal dink dat julle die gek met hulle skeer as julle smaaklik aan iets peusel wat volgens hulle nie bestaan nie. En daarom sal hulle dan weg gaan en hulle heil op ‘n ander plek gaan soek omdat hulle net by julle was vir die voordeel wat hulle uit julle kon kry. Maar EK werk nie so nie en EK sal net vir die opregte van hart sorg en EK sal net vir die mens wat MY regtig liefhet en na MY soek, sorg. MY kinders, baie dinge sal dan ook so aan julle gegee word op die regte tyd en julle hoef geen bekommernisse te hê nie. Selfs die mense wat die ander gaan versorg in die hospitaal, sal voorsien word van die dinge wat hulle die nodigste sal hê, maar wat onbekombaar sal wees in daardie dae. Dit klink nou vir julle snaaks omdat julle gewoond is daaraan om sommer net na die naaste winkel toe te gaan en te koop wat julle nodig het, maar EK sê vir julle dat die einde baie naby is en dat julle binnekort nie meer die voorreg sal hê om net te kan ry nie. Dan sal julle net op MY alleen moet staatmaak om te kom waar julle moet. EK sal die wat MY liefhet egter bring waar EK hulle wil hê, al is daar nie ‘n druppel brandstof  beskikbaar nie en hulle sal nie gekluister wees waar die vyand hulle wil hê nie. EK SELF sal MYNE voor hulle gaan uithaal en hulle bymekaarbring na die plek wat EK noem “Die herberg” en hulle sal saam daar vergader en al kon hulle nie ry nie, sal hulle daar wees. EK is nie gebonde aan lewensmiddele soos julle, om MY werk te verrig nie, en julle wat Een met MY sal wees voor die groot stryd sal kom, sal ook nie meer gebonde wees aan die natuurwette nie. Julle sal engele in menseliggame wees wat alles kan doen wat EK julle beveel, solank dit werke van liefde is. Julle sal dan ook die vyand kan verslaan op MY woord en bevel en niemand sal MY leër van Eengewordes kan verslaan nie. EK sal SELF heel voor loop en elkeen lei en daarom is dit belangrik om MY Stem te kan hoor omdat dit net hulle is wat sal kan veg. EK het in die verlede al gesê dat daar wel mense sal wees wat nog nie MY Stem sal kan hoor nie, maar op die slagveld sal hulle MY wel kan hoor omdat Ek hulle harte ken en weet dat hulle opreg is. Daar is ‘n doel en ‘n rede vir dit en hulle sal ook na die tyd weet waarom hulle MY Stem eers op die slagveld kon hoor. Maar daar sal niemand wees wat sy eie kop volg nie omdat EK die Leier sal wees en elkeen gehoorsaam aan MY sal wees en niemand anders as leier sal wil hê nie. MY kinders, vir die wat MY woord nie glo nie, lê daar ‘n sware tyd voor, maar vir julle wat MY liefhet en glo, lê daar ‘n wonderlike tyd voor omdat julle MY wonderwerke eerstehands sal sien en dit aan julle nageslagte van die nuwe aarde kan vertel. Dit is waarom hierdie stryd vir julle wonderlik gaan wees en vir die wat MY nie ken nie, afgryslik. Julle sal dan ook verstaan waarom EK sekere dinge toelaat om te gebeur wat onder normale omstandighede nie gedoen mag word nie en dit sal julle wese met vreugde vervul omdat EK aan die stuur van alles is. Waar EK in beheer is, is alles reg en kan niks verkeerd verloop nie. Ook die gewondes, sal baie vinnig genees, al is dit onder normale omstandighede ‘n fatale wond, maar EK sal hier MY genesing aan elkeen gee wat in MY veldhospitaal beland en die grootste leke sal daarin werk en die genesing bewerkstellig net omdat hulle MY liefhet en MY wil dien. Ja, julle sal sien hoedat mense genees word wat kopwonde het en wat nooit in ‘n normale hospitaal sou oorleef het , al het hy die beste behandeling gekry. Net EK kan genees soos geen dokter nie en julle sal dit sien en na die stryd, sal elkeen kan getuig van vele wonderwerke wat hy of sy beleef het. Niemand sal na die stryd verstom kan wees oor die verhale wat ander vertel nie, omdat hy self getuie daarvan sal wees. Selfs die kindertjies sal kan getuig van MY teenwoordigheid en dit sal hulle geloof en liefde in MY sodanig versterk dat hulle die geloofstryd saam met julle sal ingaan sonder ‘n banghaar op hulle klein hofies. Dit alles en nog baie meer belowe EK vir julle in die stryd wat voorlê en julle sal dit alles voor julle oë sien gebeur en in MY Naam sal alles gebeur. Dit is alles MY Woorde aan julle en EK bring dit met liefde aan julle, MY uitverkorenes wat lank genoeg vertrap is deur die hele wêreld.

Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205