DIE ONTWAKING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 16

29 Feb.2008  07:38

EK sal elkeen wat opreg na die EENWORDING met MY soek begenadig en EK sal dit aan elkeen skenk wat daarna verlang. MY kinders, dit beteken nie dat julle nou maar agteroor kan sit en niks aan julleself doen nie. Nee elkeen moet iets aan homself wil doen sodat EK julle tegemoet kan kom en julle Een met MY maak. Strewe daarna en EK sal jou daarmee help. Daar is ‘n hele paar mense wat met MY daagliks oor die EENWORDING gesels en hulle is in groot afwagting vir die groot dag en met moeite kan hulle hulleself in toom hou. MY kinders, die groot verlange in baie van julle se harte om Een met MY te word , sal dan ook die EENWORDING met MY bespoedig. EK ken julle en sien dat julle net onvolmaakte mense is en daarmee het EK gevoel. Daarom sal EK MY genade oor julle uitgiet en julle Een met MY maak op die bestemde tyd. Die verlange in baie se harte maak hulle dan ook geskik om met MY Een te word omdat hulle verlange nie soseer is om spesiale kragte te hê nie, maar omdat hulle hulle met MY wil verenig en MY dan die heletyd voor hulle kan sien, en MY so te kan loof en prys. Dit gaan vir hulle dan ook oor die ware Liefde vir MY en dit is die hoofrede dat hulle Een wil word met MY, hulle eerste liefde. MY kinders, dit is die regte rede waarom julle Een met MY moet word. Nie omdat julle dan alles sal kan doen en julle vyande kan verslaan nie. Dit sal net ‘n bonus wees en EK sal elkeen wat met MY Een is, met MY krag ook vervul, maar die liefde is altyd eerste en dit sal met MY EENWORDING ook heel eerste wees. Streef na die ewige liefde en julle sal spoedig Een met MY word. Die liefde kan alles vermag en wanneer julle wedergebore is, sal julle al die ander mense kan help wat ook na MY soek , maar nog nie volwasse genoeg is om te weet hoe nie. EK sal julle dan voorsien van alles om julle vissies vir MY met sukses te kan vang en dan sal julle verstaan waarom EK julle baie keer gestuur het om vir MY ‘n vissie te vang en julle sonder die vissie terug gekeer het huistoe. MY kinders, julle vissies sal julle dan met MY krag vang en terwyl julle nog nie met MY Een is nie, sal julle kragteloos voel en voel dat die vissies te glad is vir julle, maar wanneer julle met MY Een is, sal die vissies maklik te vang wees vir julle. Maar die hoofrede van alles moet nog steeds die liefde wees en nie die bewys van jou krag vanuit MY nie. Maar EK kan julle nou ook verseker dat niemand wat met MY Een is, MY krag sal misbruik nie omdat EK die Een is wat besluit wie dit waardig is om met MY Een te word en wie nie. Dit sal dan die rede wees dat net sekeres Een met MY kan word en ‘n voorbeeld sal stel vir die wat nog daarnaa streef, maar nog nie heeltemal reg is daarvoor nie. MY lieflingkinders, julle moet dit elke oomblik nastreef, dan sal dit so gou as moontlik gebeur en julle sal dan juig oor MY skeppingswonder binne julle. Dit beteken dat EK van elkeen wat met MY EEN geword het, ‘n nuwe mens gemaak het. Gaan in vrede en strewe na MY en julle sál Een met MY word.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205