DIE ONTWAKING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 13

27 Feb.2008  07:50

MY Liefde vir julle is onbegrens en dit kan nie gemeet word nie. EK sal julle versterk vir die tyd wat vir julle voorlê omdat Ek weet wat nog gaan gebeur. MY seuns en MY dogters, EK wil julle vertel van die groot geloofstryd wat vir julle voorlê. Die stryd sal buitengewoon fel wees en daar sal baie min van julle wees wat dit sal oorleef tot aan die einde , waar julle MY koms op die wolke sal sien. EK het julle al in die verlede daarvan vertel en wil julle nou weer sê dat dit net julle eie keuse sal wees of julle sal aanbly op die aarde of nie. Dit is nie MY bevel aan julle nie. Die Anti-Chris sal julle niks kan doen as julle nie kies om dood gemaak te word vir MY nie. MY kinders, die stryd sal kwaai wees, maar Ek sal julle almal versterk omdat julle dan almal Een met MY sal wees teen daardie tyd en julle dan ten volle in beheer sal wees van julle eie liggame. Onthou, wanneer jy Een met MY is, is EK en jy heeltemal dieselfde persoon omdat jou wil in MY wil opgegaan het en die keuse of jy sal aanbly, sal Ek aan jou oorlaat. Daarom sê Ek dat jy self sal kies, maar onthou, as jou wil eintlik MY wil is, sal jy die regte keuse maak omdat EK die “Oorheersende Faktor” in jou liggaam sal wees. Die keuse wat hy sal maak sal dan direk deur MY gemaak word en jy sal bly wees oor elke ding wat EK vir jou besluit omdat jy nie meer ‘n wil van jou eie het nie, en MY wil jou wil is. Dit is waarom daar min mense sal oorbly tot aan die einde en nie omdat julle onmagtig sal wees en julleself nie kan verweer teen die bose nie. MY kinders, net soos wat EK MYSELF in die hande van die oorgegee het wat MY gekruisig het, so sal julle julleself ook in die hande van die wat julle sal dood maak oorgee en hulle sal julle nie onverwags vang nie. Nee, julle sal presies weet wat hulle planne is en julle daarmee versoen en julle aan hulle martelinge oorgee. Die manier waarop jy dan sal sterf, sal dan duisende na MY bring omdat die oormag van die bose mense baie groot sal wees. Baie sal hierheen stroom op die tyd dat EK dit bestem het en hulle sal deur julle gered word wanneer hulle julle sien ly. Dit is waarom julle ooreengekom het om hierheen te kom sodat julle mense sal kan red deur julle lyding. MY seuns en MY dogters, julle sal juig aan die einde van die tyd omdat elke mens wat deur jou lyding gered sal word, vir jou as wins gereken sal word en jy sal dan nie met leë hande voor MY kom staan nie. EK sal julle almal wat bereid is om vir MY te werk die krag en die werksaamheid gee om dit vir MY te volbring en julle moenie bekommerd wees omdat julle so kragteloos voel nie. Dit is so deur MY aan julle gedoen sodat jy jou swakheid kan voel en ook kan weet dat wanneer jy vol krag voel, jy sal weet dat dit net van MY afkomstig is. EK doen aan elkeen iets vandag sodat hy kan sien dat die krag nie uit homself kom nie en dit is ook waarom EK partykeer vir julle ‘n opdrag gee en julle dit dan nie uitgevoer kry nie. MY kinders, dit is MY manier om julle sterk te maak in MY en nie in julleself nie. Vertrou net op MY en wanneer die regte tyd aangebreek het, sal jy dan alles kan doen wat EK jou beveel. Niemand kan iets uit homself doen nie en dit wil EK vir julle tuisbring omdat julle baie geneig is om te dink dat julle sterk is omdat julle MY gevra het vir krag. EK gee die krag en sal julle nie verlaat nie, maar partykeer is dit MY wil dat dinge nie heeltemal uitwerk nie en dan twyfel julle in MY omdat julle wou gehad het dat alles presies moes uitwerk soos wat jùlle dit wil hê. Dit werk presies uit soos wat EK dit wil hê en nie soos wat julle dit wil hê nie. EK sal julle bevele gee en dit sal wees soos wat EK dit wil hê en wanneer dit nie gebeur soos wat julle dink dit moes gebeur het nie, is julle baie keer ongelukkig, maar MY Liewe kinders, EK weet van beter en weet van alles. Ook wat in die geesteswêreld aangaan, weet EK alles en baie keer doen julle vir MY ‘n ding wat nie veel effek op die vleeslike wêreld het nie, maar wel op die geesteswêreld en wanneer julle dan met julle vleeslike oë daarna kyk, sien julle geen verskil nie en is ongelukkig omdat julle gedink het dit sal anders uitwerk. Vertrou net op MY en julle sal nooit verkeerd handel nie. Doen jou werk vir MY want jy weet glad nie waarom dit so moet wees nie. Moet nooit dink dat EK jou verlaat het nie, want EK het nie, EK sal ook nooit nie. MY lieflingkinders, soveel liefde soos wat EK het, kan julle nooit in die steek laat nie. Kan jy jou kind verlaat omdat hy ‘n fout het? Kan jy jou kind sommer afskryf omdat hy teen jou gesondig het? Nee, julle kan nie! Nou waarom dink julle dan dat EK julle sal verlaat omdat julle ‘n oomblik van swakheid beleef het? Kom dadelik na MY en kom om vergifnis vra en EK sal nie een van julle van MY af wegwys nie. Luister net na MY Stem en jy sal weet waar jy fout gemaak het en wanneer jy dit kom regmaak, sal jy dadelik vergewe wees, want EK het tot vir Judas Iskariot vergewe omdat hy MY verraai het weens sy hoogmoed en sy heerssug. Daarom moet julle nooit dink dat Ek een van MY klein kindertjies sal weggooi nie omdat MY liefde onbeperk en onbegrens is. Dink hieroor na voordat jy weer dink dat EK jou of iemand anders verlaat het.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205