DIE ONTWAKING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 19

03.03.2008 06:30

 

Gister is van My knegte deur die hel gevat deur MY sodat hulle van al hulle selftrots en hoogmoed wat nog diep in hulle gesit het ontslae kon raak. Hulle is almal as die eerstes wat die geestelike wedergeboorte sal beleef aan julle bekend gemaak. EK sal hulle almal egter begenadig en al het hulle nog baie foute sal hulle julle almal met nuwe moed besiel omdat hulle Een met MY sal word binne die volgende week of twee. Dit sal almal met nuwe moed besiel omdat almal dan sal sien hoe hulle hulle krag net van MY ontvang het. Niemand sal dan meer die ou mens ken nie omdat die ou mens heeltemal in MY opgegaan het. Hierdie is die Eenwording waarvan EK die hele tyd praat en waarna julle moet streef. Dink daaraan dat julle dit almal sal bereik as julle ‘n goeie wil het en dit graag wil hê. EK sal almal genadig wees omdat niemand van hulle of julle dit ooit verdien nie. MY kinders, let net op na die tye. Die skrif is teen die muur en MY hand is al gereed om die Boervolk van Suid-Afrika te slaan weens hulle opstandigheid teen MY. Daarom moet daar sekeres wees wat met MY verenig is sodat hulle hulle broers kan gaan uithaal tussen die hordes uit wat hulle wil dood maak met ‘n helse gelag. Dit is julle behoud- die paar van julle wat MY soek en MY liefhet. Die Eenwording is nie ‘n grap nie omdat dit julle almal skool en julle orige takke afsny en MY knegte wat besig is om dit deur te maak, sal soos nuwe jong bome hulle vrugte dra en almal sal daarvan kan geniet. Dit beteken dat almal hulle kragte vanuit MY sal sien en baat daarby sal vind. Werp alles in die stryd en weet dat die pad nie maklik sal wees nie, maar die einddoel sal alles die moeite werd maak. Die einddoel is nie soseer om  spesiale kragte vanuit MY te hê nie, maar om die heletyd in MY teenwoordigheid te kan wees terwyl jy MY die heletyd sien. EK sal julle nooit verlaat nie, maar julle kan nie een MY sien in die vlees nie omdat julle nog te onryp en te swak is, maar wanneer julle Een met MY geword het, sal julle soos die engele in MY teenwoordigheid kan wees en nie sterf nie. Dit is alles die waarheid en julle kan MY hierin toets. Hou maar julle broers dop wat alreeds die Eenheid met MY sal verkry in die volgende paar dae en julle sal sien hoe hulle gelate en alles omtrent hulle sal verander. Hulle sal nog steeds herkenbaar wees aan julle as dieselfde mens maar die Eenwording met MY sal hulle ‘n sekere verhewe skynsel gee wat net herkenbaar sal wees vir die wat MY liefhet. Dit sal nie ‘n fisiese gebeurtenis wees nie, maar meer ‘n geestelike verandering en daarom sal almal wat MY liefhet, die mens hier voor hom kan ken as beslis wedergebore, aangesien niemand van hulle hulle kragte vanuit MY sal uithaal en aan almal toon nie. Julle sal net die verandering in hulle sien en nie die vinger daarop kan sit nie. Dan, wanneer Ek hulle die toestemming gee, sal hulle aan julle kan wys tot waartoe hulle in staat is, maar ook net aan die wat sterk genoeg is om dit te aanskou. ‘n Algehele ongelowige sal nooit mag sien hoe hulle vir MY werk in MY krag nie aangesien hulle dadelik die mens sal begin aanbid, en daarom mag hulle nie vir almal wys wat EK vir hulle gegee het nie. Maar hulle sal ook nederig wees en nie wil wys wat in hulle steek nie en sal dit daarom stil hou tot EK hulle beveel om iets te doen. MY kinders, die stryd in julle land is ‘n realiteit en daarom moet EK julle op so ‘n manier teen die vyand beskerm deurdat EK van julle broers en susters voor die tyd Een met MY maak. Dit sal binnekort gebeur aangesien die stryd op hande is. Let maar net op na die gepraat van die ander nasies en as julle hulle taal kan verstaan, sou julle al lankal geweet het wat hulle beplan aangesien hulle sommer op straat loop en praat wat hulle gaan doen met die mens wat hier reg voor hulle stap. Julle harte sou gaan staan het as julle geloof nie sterk genoeg was in MY nie, maar EK het ook MY genade oor julle uitgegiet nog voor hulle met hulle planne begin het en daarom sal hulle nie ten volle in hulle missie slaag nie. Hulle sal eerder self omkom nadat hulle genoeg moord en verwoesting gesaai het. MY kinders die rede dat EK hulle toelaat om te moor sal weereens wees om die onreinheid in die land uit te roei en daarom staan hulle bekend as verwoesters en kan hulle nie iets opbou nie. Maar die van julle wat julle skuiling by MY gemaak het, sal bly staan en hulle die nekslag toedien en ook sal julle julle broeders en susters in die stryd  bystaan wat MY nie ken nie. EK is genadig en niemand kan sê dat EK ongenadig is nie. Bou net jou krag en hoop op MY en jy sal ook bly leef en Een met MY word. Dink nie dat die stryd wat op hande is die verbeeldingsvlug van sekeres is nie omdat julle dit self aan die vyand kan merk. Gaan nou MY kinders en kom soek die Eenheid met MY sodat julle ook MY krag kan ontvang en die stryd nie met julle eie krag hoef te oorwin nie.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205