DIE OPSTANDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Die opstanding
Hoofstuk 1
10 Feb. 2008 05:57
Daar is baie omtrent MY kruisiging gesê en EK het alles aan julle vertel van MY kruisiging, maar daar is min gesê oor MY opstanding. EK het aan julle vertel dat EK drie dae na MY kruisiging opgestaan het en dat MY kinders MY by die graf kom sien het. Nou wil EK vir julle vertel wat EK met hulle daar by die graf bespreek het ook. EK het die einde van tye met hulle bespreek, omdat EK die nodigheid daarvan ingesien het, al was die einde, waarin julle nou leef, nog baie vêr van hulle tyd af. EK het dit aan hulle vertel, omdat hulle ook vandag tussen julle wat hier is, teenwoordig is. Baie van julle wat nou hier lees, was ook daar by MY kruisiging en opstanding teenwoordig en het saam met MY besluit om weer na die aarde te kom, sodat julle julle broers in die verdrukking kan bystaan en hulle, met die lig wat in julle is, kan reghelp en op MY weg lei. Terwyl die wêreld om julle sy gang gaan, het baie van julle MY ernstig kom soek en MY ook gevind. EK laat MY egter vind deur die een wat MY ernstig soek en daarom het die eer julle te beurt geval om MY in julleself te ontdek. Dit het julle met baie vreugde vervul en nou wil julle ook meer weet omtrent julleself, omdat daar tog diep binne elke een iets is, wat vir julle sê dat daar ‘n lewe voorheen was, en dat dit nie die eerste keer is wat jy op die aarde is nie. Nou, elkeen van julle wat nou al voorheen van MY woorde gelees het, sal weet dat EK gesê het dat daar aan die einde van dae baie engelgeeste of ligwesens weer na die aarde sal kom, om die duisternis bietjie te kom opklaar en die duistere mense te help. Dink net daaraan en julle sal dit onthou. EK het dan ook met die mense van daardie tyd ‘n verbond aangegaan en hulle het besluit om MY weer op hierdie aarde te kom verteenwoordig. Hulle is tans tussen julle en sal die groot ligdraers tussen julle wees. EK sal aan hulle baie gawes gee, sodat hulle julle op die regte pad kan help en sodoende die leiding neem. Hulle sal die mense wees wat eerste met MY Een word en dan sal hulle julle daardeur help. Maar dit is nie te sê dat julle alles en almal moet glo wat vertel dat hy die of daardie een was nie, omdat dit nie nodig is vir iemand om te weet wie hy of iemand anders was nie. EK sal dit bekend maak aan wie EK wil en dan moet daardie persoon nie rondloop en daaroor spog nie. Ook is daar nie so iets soos iemand wat spesiaal behandel moet word, omdat EK gesê het dat hy iemand uit die Bybelse tyd was nie. Julle almal wat MY gesoek het en gevind het, al was julle iemand of nie iemand in die verlede nie, het die plig om MY mense na MY te lei en daarom wil EK net vir julle sê dat julle nie julle pligte moet versuim, omdat jy die hele tyd net aan jou vorige lewe dink nie. Gaan aan en doen MY werk. Gaan arbei in MY wingerd en bring MY druiwe vir MY, sodat EK dit kan bewerk. Julle wat MY ken, sal weet dat dit die waarheid is, wanneer julle MY in julle harte daarvoor vra.
Amen.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205