DIE OPSTANDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 8
12 Feb. 2008 06:18
 
EK, julle Vader, sal julle nooit verlaat nie en sal altyd by julle bly. Dikwels voel dit vir julle of EK nie hier by julle is nie en dan raak julle so hartseer en bang omdat julle MY in julle binneste mis, maar daar is ook ‘n rede dat EK dit doen. EK verberg MYSELF net ‘n klein tydjie vir julle en sal dan na jou kom wanneer EK dit nodig ag. Moenie dink dat EK nie julle gebede verhoor en julle oor sal laat aan die wolwe nie, want so iets is vêr van MY af om te doen. EK moet julle ‘n bietjie beproef en julle moet so bietjie na MY verlang, sodat julle die waarde van MY nabyheid weer kan besef. Wanneer EK die hele tyd in jou nabyheid is, sal jy later aan MY gewoond raak en maklik sondig omdat julle nog nie een met MY is nie, maar wanneer EK so bietjie MY aangesig vir julle verberg, sal julle dit weer baie waardeer wanneer EK MYSELF weer aan julle openbaar. Wees maar net gerus as dit vir jou voel of EK nie meer so by jou is, soos wat dit in die verlede al vir jou gevoel het nie. EK is hier by jou, maar jy sukkel net om MY te kan sien en hoor, omdat dit op daardie stadium goed is vir jou siel. Wanneer jy MY dan weer “vind”, sal jy dubbeld so vol vreugde wees as wanneer jy My die heletyd by jou gehad het. MY kleintjies, EK belowe dat EK weer na julle sal kom en Een met julle elkeen sal word. EK sal nie die een bo die ander verkies en julle daardeur hartseer maak nie. Moenie dink dat EK “witbroodjies” onder julle het nie. EK is vir elkeen net so lief as vir die ander een, maar die verskil kom in by die liefde en soeke wat elkeen na MY het. As almal MY tegelyk dieselfde hoeveelheid kom soek, sal almal MY ook dieselfde manier ontmoet en dieselfde geestelike groei hê, maar nou verskil julle lewensomstandighede en persoonlikhede so geweldig dat daar nie ‘n manier is vir julle om dieselfde te wees nie, en EK wil dit dan ook so hê. Elke een het sy spesiale plekkie in My Groot Vaderhart en daarom wil EK nie hê dat elkeen dieselfde moet wees nie. Julle verwag dit nie van julle eie kinders nie en julle wil dit dan nou ook nie so hê nie, nou waarom dink julle dat EK dit sal verwag? Nee. MY kinders, strewe elkeen net na MY op sy eie manier en lewe net vir MY en Ek sal na elkeen toe kom en Een met hom/haar word. Dit sal julle met julle eie oë sien gebeur. Gaan jou gang met liefde vir MY en jy sal MY binnekort in jou binneste hoor praat as jy MY nog nie kan hoor nie. Jy sal MY binnekort kan sien as jy MY nog nie kan sien nie en jy sal binnekort met MY Een word as jy nog nie met MY Een is nie. Dit belowe EK julle.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205