DIE OPSTANDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 4
10 Feb.2008 08:43
Kom na MY sodat EK julle laste kan dra. EK het dit al baie vir julle gesê, maar daar is nog so baie wat hulle eie laste wil dra deurdat hulle nog bekommerd is ook dinge wat so maklik is vir MY om te dra. EK sal alles op MY skouers vat en die pad sal jy verder stap sonder daardie las op jou skouers. Julle weet nie hoe maklik dit vir MY is om julle klein laste te dra nie. EK is Almagtig en waarom sal dit vir MY moeilik wees om aan jou te gee wat jy nodig het? Baie keer is julle in geldelike moeilikheid en dan kom vra julle MY, net om daarna die telefoon op te tel en dan iemand vir geld te vra. EK sal dit SELF vir julle gee en julle hoef nie vir mense te vra nie. EK sal aan julle voorsien, en waarom wil julle, julle hoop op iemand anders stel? Is EK nie die EEN wat alles in MY Hande het nie.? EK kan maak en breek soos wat EK wil en EK kan ‘n ryke plotseling arm maak en ‘n arme plotseling ryk maak. Kyk net hoe EK voorsien vir die wat MY regtig liefhet en MY in alles, eerste soek. EK sê: ”Soek allereers die koninkryk van MY Vader en alles sal vir julle bygevoeg word.” Dit het ek aan my dissipels gesê toe EK op die aarde was saam met hulle en julle is MY moderne dissipels en daarom sê EK dit nou ook weer vir julle. EK het opgestaan en daardie rots is deur niemand behalwe deur MYSELF daar weggeskuif nie. Niemand sou die krag gehad het om hom self daar weg te skuif nie, omdat die vrouens wat daar aangekom het, nie so sterk was nie. EK het dit vir hulle weggeskuif, nog voordat hulle daar was. Omdat hulle MY eer gesoek het en aan MY gedink het, het EK ook die rots vir hulle weggeskuif, sodat hulle met hulle eie oë kon sien dat Ek nie meer in die donker grafkelder was nie. Ek kon netsowel die rots daar gelos het en deur die rots gegaan het, omdat MY liggaam al vergeestelik was, maar ter wille van hulle wat MY kom soek het, is die rots weggeskuif. Daarom sê EK ook vir julle; Kom soek na MY en EK sal elke rots in jou weg vir jou wegrol sodat jy kan sien dat EK alleen die Enigste en grootste is. Kom na MY, kom soek MY eer en kom dien MY en EK sal die klippe en rotsblokke vir jou uit die weg ruim. Of dit nou geld is wat jy nodig het, of kos of klere, dit maak nie vir MY saak nie, want dit is vir MY om’t ewe. EK hou alles in MY Hande vas en kan daarom vir julle alles gee wat julle nodig het om MY arbeid te verrig. As EK jou ‘n taak gee om te doen, sal EK ook vir jou die dinge gee wat jy nodig het in die verrigting daarvan. Dit is ook ‘n belofte van MY aan julle vir wie EK opgestaan het uit die dode.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205