DIE OPSTANDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 5
11 Feb.2008 07:15
In My grote liefde vir julle is daar niks wat julle van MY af weg kan trek nie. EK is die Enigste wat julle in MY hande kan vashou en niemand kan julle daaruit haal nie. Wanneer iemand in die hande van die bose is, kan EK hom daaruit haal as EK wil en niemand kan daaraan iets doen nie. So is dit dan ook MY wil gewees om MY siele uit die doderyk te gaan haal en uit die hande van die bose te gaan haal. Hulle het geveg om MY nie daar toe te laat nie, maar dit het niks gehelp nie, soos wat julle alreeds weet. Nadat EK MY uittrede uit die hel gemaak het, het EK al MY siele saamgevat en hulle is almal verlos van die bose, waar hulle in My paradys te lande gekom het. EK het hulle saggies daarheen gelei en het hulle daar geplaas met ‘n doel. Daardie mense is in die gees besig om julle by te staan en sommiges van julle is ook teenwoordig as mense hier tussen julle. Dit is baie belangrik, omdat EK wil hê dat julle mekaar met respek en liefde moet behandel, omdat jy nooit weet wie die persoon is wat hier voor jou staan nie. Nadat EK egter opgestaan het, het EK baie van daardie mense onder MY volk ingestuur en hulle het ook baie tot bekering gebring. EK het dit dan ook toegelaat, omdat die wêreld buitengewoon boos geword het en hulp baie nodig gehad het. Nou is dit ook so en daarom het EK weer baie van daardie mense hierheen gestuur om julle by te staan. EK weet wat vir julle wag en daarom doen EK dit. Ook die feit dat EK dinge baie keer oor en oor aan julle sê, moet dit vir julle beklemtoon dat die einde van tye naby is. Dit is so naby dat julle dit nie sal kan verdra wanneer EK dit vir julle sê nie. EK gee nooit tye nie, maar sal vir julle kan sê dat dit geen honderd jaar meer is nie. Daar is selfs nie eers meer vyftien jaar oor nie, en dit is nie die skatting van ‘n mens nie, maar die Woorde van julle Enigste Verlosser. Glo dit nou en weet dat dit die waarheid is. EK sien dat daar baie van julle is wat nou hier lees wat ongelukkig is daaroor en dat julle nie gedink het dat die tyd só kort sal wees nie. EK het julle al vertel dat die einde van tye buitengewoon boos is en dat die hele skepping vra vir MY wederkoms en vir almal wat soveel gely het, sal daar ‘n einde aan gemaak word. Die sieledeeltjies wat in die diepte van die aarde versmag en om MY hulp en vergelding smeek, sal verlos word daarvan en hulle sal ook weer kan uitkom en weer nuwe lewe op die aardbodem verteenwoordig. EK sal die wat hulle lewens verspeel het en nie ag geslaan het op MY woorde nie, weer na die dieptes laat daal waar hulle weer in die diepte van die aarde om hulp sal roep, maar EK sal nie antwoord nie, omdat hulle MY nie wou antwoord toe EK hulle geroep het nie. Dit klink vir julle wreed, maar EK, in MY alwysheid is regverdig en roep al baie lank na almal wat hier op aarde is. EK sal voorwaar nie onregverdig en ongenadig wees nie en sal elkeen volgens sy werke en liefde vir MY oordeel, maar die wat ongenadig teenoor MYNE sal wees in die geloofstryd, sal ook ongenadig deur MY behandel word. Die wat deur MY na al die mense gestuur word, sal MY blye boodskap aan almal bring en hulle sal probeer red wat daar nog te redde is. Maar wanneer hulle sleg behandel word deur die mense, sal daar van hulle vergelding geëis word. MY kinders, gee júlle ag op MY woorde, sodat julle gered kan word, want soos wat EK herhaaldelike kere aan julle gesê het, is die einde in sig en niemand sal dit kan keer nie. Dink hieroor na en weet dat elke dag die einde van tye bespoedig en dat dit nog ‘n dag nader aan MY wederkoms is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205