Henog
Hoofstuk 8
Donderdag, 22 November 2007 om 11:01
MY kinders, baie sal sê dat julle wat MY woorde hoor, moet oppas vir ‘n leuengees, terwyl die leuengees sy kloue diep in hulle geslaan het. Julle wat MY woorde hoor, hou vas aan MY. Want EK maak julle nederig, dis EK wat julle leer. Henog is ook deur MY hierdie lesse geleer. Julle kan ook vir hom as ‘n voorbeeld vat.
Die mense wat vir julle ‘n struikelblok probeer wees, sal oor hulle eie leringe struikel en so sal hulle hard val. EK sal julle beskerm, EK het in sy eerste tyd as swak mens ook baie vir Henog beskerm, totdat hy MY in hom opgeneem het en een met MY geword het.
Julle sal ook nog een met MY word. EK behoed julle.
Amen.
Bly nederig en hou jou gereed.
Luister!
Amen.