Die misterie van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Henog
Hoofstuk 12
Saterdag, 24 November 2007 om 13;08
MY Henog sal hierdie keer
Oor die dood triomfeer
Hy kom om jul te leer
Hoe om MY te eer
Hy kom julle leer
EK is die Deur
Wie deur MY ingaan
Sal vir altyd lewend staan
Henog kom julle leer
Ja! Gee MY die eer
EK stuur hulle vir julle
Luister na MY deur hulle
 
MY Henog kom
Om te pluk MY blom
EK stuur hom
EK kom ook saam met hom
MY hele engeleskaar
Het gekom om
Te help pluk MY blom
Dis julle wat MY Koningskind baar
 
MY Henog sal triomfeer
Van die dood kom hy julle leer
EK laat hom staan op MY woord
Hy sal op sy voete staan
Op die weg wat EK vir julle baan
Totaal lewend in MY
Omdat hy vir MY stry.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205