Die misterie van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Henog
Hoofstuk 7
Maandag, 19 November 2007 om 18:49
‘n Gebeurtenis uit die kindertyd van Henog;
MY Henog was vol van MY krag, want hy het MY van kleins af gesoek. Eendag was daar ‘n gebeurtenis in die huis van vader Adam en niemand het geweet wat om te doen nie. Die seuntjie Henog het daar gestaan en toegekyk, en skielik sê hy die volgende deur MY GEES; ‘vader Adam, ons moet bid tot Elohim dat HY ons moet help, en HY wat Ewig Lewe sal kom en ons uitred en alle verkeerdheid onder ons uit laat verdwyn. So laat ons bid!’
Die vaders het gemeen dat ‘n kind nie moet spreek in die raad van die vaders nie, maar Adam, MY eersteling, het opgestaan en gesê; ‘Die kind het wys gespreek, volgens die raad van Elohim, so laat ons bid en HY sal sekerlik antwoord!’ EK het hulle antwoord gegee en dit was soos manna uit die hemel.
Sien wat EK spreek deur ‘n kind wat MY liefhet en na MY luister. Luister julle ook na wat kindertjies sê, en dit sal julle nie berou nie.
Dit was MY les vandag aan julle, wees heeltemal ook soos ‘n kind, sodat jy kan vra en EK sal gee.
Amen.
Dien MY soos ‘n kindjie wat MY liefde beantwoord.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205