Die misterie van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Henog
Hoofstuk 2
Woensdag, 14 November 2007 om 19:58
MY kneg, waarom sit jy innerlik en bewe? Glo jy nie onfeilbaar in MY woord nie?
 
EK wil net vertel dat Henog die nederigste mens op aarde was, en dat hy MY so lief gehad het, dat EK hom opgeneem het na MY.
Hy het vir Adam die waarheid vertel, toe EK na hulle as die nederige Asmahael, uit die diep dal van Hanoch gekom het. Dit was Henog wat deur sy liefde tot MY onsterflik geword het. Henog het seuns as profete begin leer. Dit is ook sy nageslag wat EK gespaar het in die vloed. Henog is vol liefde en heerlikheid en hy sal MY werk kom volbring.
 
Wat kan julle leer uit wat EK nou vertel het?
 
Laat EK julle dit sê; ‘Julle kan MY liefhê en nederig wees en EK sal julle maak, die bande van die sonde breek. Liggaamlik sal jy streef, maar EK het jou al lankal losgekoop.
Vrees nie die dood van die liggaam
Want daarmee saam
Verwerf jy MY RYK
Waar jy sal skitter en pryk.
So leer die les, dat dit EK is wat maak en wat breek, EK gee jou genade, deur jou liefde en dade wat van liefde skitter. Dink nie dat jy deur jou werke geregverdig is, jou werke is niks, het jy MYNE gesien? So volbring dit, en almal sal weet dat julle MY dien.
Amen.
EK, JAHWEH.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205