Die misterie van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Henog
Hoofstuk 15
Saterdag, 24 November 2007 om 19:12
Dit is MY woorde aan julle en EK wil hê dat julle dit moet verstaan.
In die oë van die wêreld is daar net twee getuies, maar die GEES van liefde is die derde, verstaan nou wat EK gesê het; ‘Daar is drie wat getuig in die hemel, die VADER, die Seun en die Heilige GEES. En daar is drie wat getuig, die GEES die water en die bloed.’ Dit is ook julle wedergeboorte wat EK hiermee beskryf het, kyk net diep. Dit is die verhaal van die drie wat vir MY en van MY getuig.
Lees dit nie met julle verstande wat julle niks kan laat verstaan nie, lees dit met MY GEES van liefde in julle harte. MY GEES wat alles kan verstaan, wat alles weet en wat elke grens, hoe ver, diep, hoog of laag, alles kan begryp en van alles weet.
Dit is MY liefde vir julle, dat EK julle weer as kinders teen MY VADERBORS wil ontvang.
Dit in al MY liefde.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205