Die misterie van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Henog
Hoofstuk 10
 Saterdag, 24 November 2007 om 11:21
Henog het met GOD gewandel en is opgeneem as teken van kennis van geslag tot geslag.
Ja, MY kinders, julle kan ook met MY wandel en wandel met MY is om te weet dat EK altyd by jou is.
EK het vir Henog baie dinge gewys, want in hom is die engelgees genaamd Rafael. Rafael is een van MY engele van liefde, en EK dra aan hom op om mense te beskerm. Hy is een van MY aartsengele. Hy is, toe hy opgeneem is, heeltemal in die gees opgeneem en sy liggaam het deur die liefde weggesmelt soos was in die son. Hy was een van die persone op aarde wat altyd geweet het wat gaan aan en hy het dag en nag aan MY gedink. EK, die nederige Asmahael was in sy liefde. En ook deur die liefde het hy MY in die nederige kind van die diepte herken. Vader Set het MY voor Henog herken, want dit is hoe EK werk, vader Set het MY gesoek en daarom het EK aan hom verskyn.
MY kinders, verstaan MY woorde.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205