Die misterie van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Henog
Hoofstuk 5
Saterdag, 17 November 2007 om 13:06
Nou wil EK meer vertel oor Asmahael;
Henog het voortgegaan en geleer in MY Naam, en die vaders het hulle verstom oor die woorde wat uit Asmahael se mond gekom het. Hy het gepraat oor die woorde en gesê dat die woord die wysste is; want eenmaal gespreek, is dit gespreek, en geen dier kan uit homself spreek nie. Hy het ook gesê dat die Woord alle dinge uit Homself geskape het. MY Henog het vir die vaders uitgelê wat Asmahael se woorde beteken.
Na dit het al die vaders gegaan om die kinders te nooi vir die Sabbat van die volgende dag. EK kan nie alles vir julle vertel nie, maar wat EK sê, moet julle na luister.
Asmahael het op ‘n tier gery na die kinders en hulle was verskrik, en een van die vaders het gesê; ‘Soos Asmahael op die tier ry, sal die GROOT VERLOSSER op ’n donkie ry.’ Set en Henog het toe al geweet WIE die MAN was wat uit die diepte gekom het, en Asmahael het gevra om ‘n woord te spreek, Adam het nie geweet WIE die MAN is wat wil spreek en dat Set en Henog nie mag sê WIE HY is nie en het hulle gevra.
Toe hulle nie wou spreek nie, het hy baie hartseer geword en nie gedink dat die gebod van GOD hoër is as wat hy vra nie. Hy het teen MY gemurmureer en gesê dat hy nie weer ‘n woord gaan praat nie.
Lateraan het hy DIE EEN herken en gesê; ‘Asmahael, wie woorde spreek soos U wat net so lewend is as Elohim SELF, is geen vreemdeling meer nie, maar tuis in die hart van elke mens! Nou is dit vir my duidelik waarom die kinders voor my moes swyg! My Elohim en my MEESTER, laat ek ook swyg, sodat U ons nie sal verlaat nie!
Amen!
Sien julle, MY kinders, die les is absolute nederigheid en deemoed, sodat julle sal luister en nie veroordeel nie. EK, die Ewige Liefde, julle VADER, kom in die grootste deemoed en sagmoedigheid. Word nederig en julle sal MY aanskou in verwondering.
Amen! Amen! Amen!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205