Die misterie van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Henog
Hoofstuk 11
Saterdag, 24 November 2007 om 11:31
MY kinders, Henog het hom baiekeer teruggetrek en hom van mense afgeskei, sodat hy net aan MY kan dink. En in daardie tye het EK aan hom gewys dinge wat skaars te beskryf is. En die heerlikheid van die liefde het Henog omstraal.
MY kinders, kom ook na MY en gee jou aandag net vir MY en EK sal jou lei en aan jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie. EK weet julle het almal pligte en EK vra julle nie om julle daarvan te onttrek nie, dis vir jou ‘n toets om reg deur alles steeds aan MY te dink en op MY woord te wag.
Henog het hom ook nie onttrek van sy pligte nie, al hoe hy MY gesoek het, was diep in sy hart in totale afsondering in sy binnekamer. Ook het hy met tye na MY gekom in die gees. MY engele het dinge vir hom gewys.
MY skryfkneg, jy is so blind vir die dinge. EK het al in jou drome engele gestuur en hulle het jou dinge geleer, EKSELF was by jou, maar jou siel is nie ontwikkel genoeg om dit op te neem nie.
Ook aan julle, MY kinders, het EK al in drome verskyn, maar julle onthou dit byna nooit. EK sal julle help as julle net regtig julle siele wil ontwikkel, deur MY groot liefde sal EK julle gou reinig deur MY vergote bloed.
Amen!
Liewe kinders, luister!
Amen!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205