|
Boek 3- Katastrofe BERTHA DUDDE
Hoofstuk 1
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18. |
|
|
VOORWOORD 10 November 1938 Vir die lewensweg van die mens geld die wette van God steeds vanaf die begin van die wêreld af soos wat dit as noodsaaklik gegee is vir die geestelike ontwikkeling van die wesens daarop. Dikwels is daar kragte wat daarteen aan die werk is, maar hieroor is `n onsigbare mag heen gelê, en hulle sal steeds die uitwerking van hulle handelinge wat in stryd is met die wette van God, nadelig vir hulleself voel en of hulleself omkeer na God se wil, of in die volharding van hulle boosaardigheid, steeds die sterker Mag van God gaan voel. So is dit ook werksaam in die natuurkragte wat altyd en ewig onderworpe is aan die Wil van God, want sou dit aan die vyandige mag prysgegee word, sou alles spoedig net maar nog `n daad van vernietiging wees, aangesien die vyandige kragte net altyd verwoestend werksaam is; en dat God se Wysheid en Wil egter vir die instandhouding van al die geskapenes geld. Waar die natuurkragte nou tog `n vernielende uitwerking het, is die Wil van God ook altyd werksaam, maar nooit is die verwoesting `n toelating van bose kragte nie. Daar is dan wyslik ook redes aanwesig waarom God so ingryp, wat egter steeds net `n sekere begunstiging van geestelike wesens dien of die ontwikkeling van die menslike wesens dien. Ook die verwoesting het hulle goeie en veelvoudige sin. Natuurgeeste word bevry uit die vorm van hulle onuitspreeklike lang gekluisterde toestand - ander natuurgeeste mag in ruim mate aan die werk wees en daardeur hulle bestemming nakom en ook word daar slapende geeste uit hulle rus, wat vir hulle almal maar net skadelik is, wakker geskud. Dat sulke verwoestings vir die mensdom dikwels `n uitwerking vol van leed is, is ewe-eens `n toelating van God, `n aanwysing van Sy aanwesigheid vir die volkome ongelowiges en `n toetssteen vir die gelowiges wie daarin glo, dat hulle sterker moet word. Want alleen sulke buitengewone verskynsels, wat sulke natuurkatastrofes is, is in staat om die mense in `n toestand van nadenke te bring. Wanneer al die kragte van die mense nie toereikend `n halt hieraan kan roep nie en arm en ryk, hoog en laag, heeltemal aan sulke, deur God toegerekende katastrofes blootgestel is, bly daar tog die een of ander ope vraag, waartoe so `n strafgerig die mense tref en in hoeverre daar `n goddelike Mag te onderskei is. En sulke vrae kan tot `n totale verandering van die menslike denke aanleiding gee, en die mense op die weg van insig lei. Met elke natuurkatastrofe gaan kleiner gebeurtenisse dit vooraf, wat die mens se denke vergemaklik, en elke innerlike toestand van vroeër is `n voorbereiding op die belewenis wat daarop volg. As mens eenmaal so duidelik insien dat alle wêreldse magte nie in staat is om die kleinste verandering teweeg te bring by sulke elementêre uitwerkinge van die natuur nie, dat almal hieraan oorgelewer is wat homself in die gebied van die katastrofe bevind, dan sou die mens sy gedagtes na bo moet hef en trag om geestelike opheldering te verkry, maar die mensdom het al te ver voortgeskrei in haar eie denke - en waan dit wat so `n duidelike werksaamheid van die ewige Godheid is, as "werkinge van die natuurkragte” en trag om daarmee alles af te maak wat hul geestelike instelling nie geval nie. Hulle hou hulleself alwetend en wat vir hulle onbegryplik is maar net as `n, ‘in die aard van die natuur’ liggende uiting, en in die seldsaamste gevalle egter as `n sigbare ingryping van `n goddelike Wese. Die verklaring van alle natuurverskynsels wat hulle die beste geval is: Dat Hy self verder ontwikkel het onder invloed van die sonstrale, wat weer `n nog onondersoekte kragbron in die heelal is, en wat al die lewe op aarde tot stand bring, maar dat die mense gevolglik niks anders is as lewende wesens wat deur sulke natuurkragte gewek is nie, wat hulle begin en einde op hierdie aarde het. Dat daar in die hele skepping `n Wese aan die hoof staan van alles, wat volgens `n wyse plan deur die Wil en Sy Almag, elkeen van die skepsele - van die kleinste kreatuur af tot by die kroon van die skepping, die mens; - dat Hy alles op hierdie aarde geplaas het met `n bepaalde doel, begryp sulke (deur hulle eie skuld) onwetende mense nie. Hulle erken nie so `n Wese nie en daarom sien hulle ook nooit in die werking van die natuurelemente as die Wil van God wat Homself uiter nie. Hulle wat ver woon en nie direk daardeur getref is nie, skenk geen besondere aandag aan sulke katastrofes nie, hulle vee steeds soortgelyke gevalle van die tafel af en daarmee is sulke gebeurtenisse vinnig vergete. En God moet na steeds duideliker middele gryp. HY moet sulke katastrofes steeds vinniger op mekaar laat volg en die mense baie skade berokken, as Hy wil hê dat hierdie verskynsels indruk moet maak. Dit is betreurenswaardig hoe weinig die leed van die medemens `n egte gevoel van medelye opwek en hoe `n aanwysing van bo uit gewoonte aangeneem word. En so sal die tekens steeds `n meer gewelddadige omvang moet aanneem, as Hy die mense uit hulle rus wil wakker skud. Eers wanneer hulle eie lewe in gevaar is, heg hulle aan so `n saak meer betekenis en daarom sal baie leed en angs nog die lot van die mense moet wees en daar sal dinge gebeur wat die mense ag sal laat slaan op `n Wil wat hulle nie kan weerstaan nie. Dog selfs baie buitengewone natuurverskynsels sal met die grootste vanselfsprekendheid verklaar en aangeneem word, want die 'wyses van die wêreld' is onmiddellik bereid om `n heel natuurlike verklaring te gee vir alles wat vir die mense onbegryplik is, maar nooit sal so `n uitleg verwysing hê op die werksaamheid van God en Sy Wil nie. Hulle verbeel hulleself dat hulle verhewe is, en is daarom onder `n heeltemal verkeerde indruk, wat ook vir die mense wat deur hulle onderrig word, nie van nut kan wees nie. So sal menigeen nog sy opvatting wysig en daarom ook nog baie offers moet bring, totdat hy die volledige insig kry. Om dit te bespoedig, gryp die HEER nou meer dikwels as ooit in en skud en skok die wêreld, sodat almal wat hulle lewe hoog ag, kan ag slaan op die goddelike Stem wat aan hulle die Wil van God wil bekend maak, en van Sy Almag en Wysheid kennis neem. Wie in hierdie sin elke natuurverskynsel en die onstuimige woede van die elemente aanskou, sal so-iets soos die stem van God herken en is dit die beste om te doen wat steeds vir God die korrekte is. Amen
|
|
|
|
|