Boek 3- Katastrofe
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

KOSMOS – VERANDERINGE – KATASTROFE
18/19 Desember 1945
Wat homself in die kosmos voltrek, is vir u onbekend en u sal ook nooit die wette van die natuur so diep kan deurgrond, dat u in staat sal wees om dit te bepaal nie, wanneer en hoe veranderinge hulself voltrek wat hulself volgens die ewige verlossingsplan van God moet voltrek om die werke van die nuwe vormgewing van die aarde voor te berei nie.
En u sal steeds verras word deur gebeurtenisse wat hulself in die natuur afspeel en daarom ook nou onverwags voor `n geweldige natuurverskynsel staan, wat begryplik sal wees vir hulle wat dit met geestelike oë aanskou, maar wat vir die oorgrote meerderheid van die mense onbegryplik sal bly, omdat hulle die samehang van al die gebeure, ook die kosmiese bepaalde, met die geestelike ontwikkeling van die mense en al wat wesenlik bestaan, nie kan insien nie, omdat hulle ook nie op die hoogte is van die verwagte einde en die omvorming van `n skeppingswerk (die aarde) wat alleen die geestelike ontwikkeling moet dien en tans nutteloos geword het, as gevolg van die afgewende wil van die mense teenoor God.
Wat daar moet gebeur in die natuur, gaan onmerkbaar inwerk en die mense sal daarom weinig aandag daaraan skenk. En tog sou hulle baie afwykings kan vasstel wat hulle wantrouig moes gemaak het, as hulle sou opgelet het en die skepping dit tot hulleself sou laat spreek het. Daar speel veranderinge in die binnenste van die aarde af wat sal lei tot uitbarstings, die eerste wat gedeeltelik tot uitbarsting sal kom, waarna dit dan met vasgestelde tyd na `n volledige verwoesting, tot bo die aardoppervlak gevoer sal word. Hierdeur sal die ewige verlossingsplan van God kan verloop soos Sy Wil dit vasgestel het. In die binnenste van die aarde bevry ontelbare geestelike wesens hulleself en God gee Sy toestemming hiervoor. Hy laat hulle aktief word op die vasgestelde tyd, omdat hulle werksaamheid nie teen Sy wet van die ewigheid gerig is nie.
En die aarde sal begin om te bewe wanneer hierdie wesens aktief gaan word. Hier en daar sal sy haarself open en dus hierdie wesens se weg vrymaak na `n ander vlak as tot nou toe. En groot veranderinge sal hulleself aan die aardoppervlak voltrek waar hierdie gebeurtenis sal plaasvind, tot verskrikking van die bewoners wat blootgestel sal wees aan `n vreeslike natuurkatastrofe. Maar dit sal slegs `n inleidende gebeurtenis wees op die daaropvolgende volledige verwoesting van die aarde, `n laaste waarskuwende stem vir almal wat haar sal oorleef, en `n heenwysing na die nabye einde, waaraan die mense voorheen geen aandag geskenk het nie. Maar die uitspraak van God sal verstaanbaar wees vir elkeen wat Sy wil verstaan.
Alles wat homself in die heelal afspeel, ook elke kosmiese verandering , is bepaal deur die ontwikkeling van die geestelike. Ofskoon die mense dit nie begryp nie, as gevolg van hulle eie skuld en onkunde, moet hulle gekonfronteer word met wat werksaam is deur die wesens wat nog in die binnenste van die aarde gekluister is en strewe na die vryheid ten dienste van hulle positiewe ontwikkeling. Tallose menselewens sal met die uitbreek van die geestelikes omkom en min of meer ryp die geestelike ryk ingaan, maar ook ontelbare wesens sal vryword en kan in `n andere vorm opwaarts strewe.
En so is die geweldige natuurgebeure tegelyk `n voorval om verlos te word uit die eindelose lang tyd van kluistering in die mees vaste materie en `n oorgang vir die geestelike waarin hy homself bevind, na `n minder pynlike ander vorm; soos dit egter ook die ontwikkelingsgang van die geestelike op die aarde (die mens) beëindig wat in die laaste stadium was en die vrye wil kon gebruik om verlos te word nie.
Niemand kan die kosmiese gebeure vroeër bepaal het, as hy nie in diepe geloof deur die Gees van God daaroor onderrig is nie, want die goddelike natuurwette is vir die mens nie inskiklik nie, sodat dag en uur steeds geheim sal bly, totdat die eerste merkbare verskynsels hulleself sal aankondig, waaraan vir eers geen aandag geskenk sal word nie. Dog sodra die dag in aantog is, sal `n groot onrus al wat leef oorval, mens en dier sal dit innerlik bespeur en slegs hulle wat `n opgewekte gees het, sal in staat wees om `n verduideliking daaroor te gee en tog nie aangehoor word deur hulle wat wêreldsgesind is nie, wat `n verwoesting van die aarde nimmer wil en sal aanvaar nie en dus volkome verras sal word deur die uitbreek van die natuurelemente.
En God kondig steeds weer die gebeure aan, Hy laat die mense nie in onwetendheid oor wat hulle in die komende tyd te wagte staan nie. En Hy gee Sy bodes steeds weer die opdrag om van dit wat kom, melding te maak. Want die dag sal nie lank meer op hom laat wag nie. En wie oplettend is, sal ook dit herken wat verander en sy blik sal geestelik gerig wees, want alles wat kom volgens die ewige verlossingsplan van God, het die ontwikkeling van die geestelike wat in gevaar is en wat deur God se liefde gehelp sal word, ten doel.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205