Boek 3- Katastrofe
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

GOD ALLEEN IS HEER VAN DIE SKEPPING – STER
5 Oktober 1959
Die hemelliggame loop ewigdurend in hulle bane, wat deur die goddelike Skepper voorgeskryf word en waaraan in die skeppingsplan ook vasgehou word, volgens Sy Wil. En dit is `n onmoontlike onderneming om die voorgeskrewe baan van `n hemelliggaam te wil verander, om `n ster uit sy baan weg te dring en anders te wil stuur as wat dit deur die goddelike Skepper bepaal is. En net so is dit onmoontlik om die loop van `n hemelliggaam teen te hou, om hom tydelik in sy loop te beperk, dus om hom op een of andere manier te verhinder om op sy weg te gaan.
Dit is aan almal gesê wat meen om deur eie uitvindings `n ander ordening in God se skeppingswerk tot stand te bring, wat daarin glo om menslike voortbrengsels in die goddelike skeppingswerk in te voeg, wat aanneem dat sulke proefnemings sonder ernstige skadelike gevolge die heelal ingestuur kan word. Oor die kosmos is EK nog altyd die HEER en EK sal ook elkeen wat in My werk wil binnedring, op passende wyse beantwoord.
Daar sal `n nuwe poging voorkom en daar sal nog meer volg, solank die mense nie verhinder word nie. En EK laat so iets ook toe, maar EK antwoord wanneer die tyd daar is. Want daar kan nie meer veel bereik word deur die handelswyse van die mense in die heelal nie, omdat die tyd ook uitgeloop is waarop die mensdom op al sy mag kan reken. En alle ervaringe wat hulle nog versamel, sal hulle van geen enkele nut wees nie, want EK Self roep `n halt daaraan.
Maar EK sal op dieselfde manier antwoord, want die antwoord sal eweneens uit die heelal kom waarin hulle trag om binne te dring en al hulle uitvindings sal nutteloos wees, om die hemelliggaam te wil afweer en weg te lei sodat dit hulle self ook in die grootste gevaar sal bring. En so word dit aan My oorgelaat hoe lank EK die praktyke van die mense gaan duld, maar EK duld dit tot op `n punt. EK verklaar dat EK nie eens is met sulke proefnemings wat geen geestelike doel het nie en dat dit die mense alleenlik nog meer versterk in hulle geloof om “Heer" van die heelal te wees of te word.
Maar die einde kom spoedig en in hierdie eindtyd sal die mense nog van alles probeer, wat alleen hulle goddeloosheid, hulle geestelike verwaandheid en hulle geestelike armoede bewys. Daar sal nog heelwat proefnemings onderneem word wat aansienlik sal bydra tot die ontbinding van die aarde, en aan die laaste vernietigingswerk, en dus aan die beëindiging van `n verlossingsperiode, wat moet wyk vir `n nuwe, as My skepsele nie totaal verlore wil gaan nie.
Maar u, mense, wat Myne is deur u wil, laat u nie beïndruk deur alles wat ook mag gebeur nie. Dink steeds daaraan dat die Skepper van die hemel en die aarde Homself nie laat verstoot nie en dat Hy Sy Mag duidelik sal toon sonder om daarin deur die mense gehinder te word.
EK sien toe en wag tot die dag gekom het, wat sedert die ewigheid vooruit bepaal is. Want die tyd is beperk wat deur My teenstander op `n soortgelyke manier gebruik word waardeur die mense wat van hom afhanklik is, alles sal doen wat hy verlang, maar waarin hulle egter nie sal slaag nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205